Welkom by Legacy-Afrikaans
- Algemene oorsig van Legacy
- Internasionale Weergawes
- Toetsing van die Afrikaanse weergawe
- Weergawes van Legacy
- Aflaai van Legacy
Algemene oorsig van Legacy
Legacy is 'n genealogieprogram waarmee u op 'n eenvoudige manier u genealogiese data kan orden.
Familiestambome met miljoene persone kan vasgelê, vertoon en beskryf word. Legacy hou name, alternatiewe name, datums, plekke, feite, notas, bronne, foto- en klankbeelde by. U kan hierdie inligting op intuïtiewe wyse op die skerm vertoon en sodoende baie maklik die groter verband van die familie waarneem.
Deur gebruik te maak van óf die Gesinsblad- óf die Kwartierstaat-skerm kan u baie maklik deur die hele familieverband navigeer. Om van een gesin na 'n ander te spring, is bloot 'n kwessie van 'n muisklik. Nuwe inligting oor persone en/of huwelike kan te enige tyd deur middel van verskeie skerms bygevoeg word. Dit is net so maklik om bestaande inligting te redigeer.
Legacy bevat alle standaard genealogiese verslae, so ook tydlyne, vraelyste, navorsingslogs, sensusvorms asook verskeie soorte ander blanko vorms. U kan selfs 'n hele boek, kompleet met foto's, oor u familie druk.
Legacy kan die verwantskap van 'n spesifieke persoon ten opsigte van die res van die familielede bereken. Dit kan ook iemand se leeftyd bereken en belangrike feite uit iemand se lewe aanbied.
U kan groot hoeveelhede inligting vaslê. Ouers kan tot sestig kinders hê, persone kan meer as een paar ouers hê en u kan honderde geslagte se data opneem.
[Terug na bo]
Internasionale Weergawes
Daar word hard daaraan gewerk om Legacy ook in verskeie tale beskikbaar te stel.
[Terug na bo]
Toetsing van die Afrikaanse weergawe
Die Afrikaanse weergawe van Legacy word tans getoets. Dit is 'n proses waar jy die program sal gebruik en die Afrikaanse Vertaalspan in kennis sal stel indien jy enige gevalle teenkom waar die program nie na wense funksioneer nie; hetsy 'n fout met die vertaling of die verwerking/aanbieding van die data.
Dit sal waardeer word indien jy aan hierdie proses sal deelneem. Jy kan jouself as toetser aanmeld deur op hierdie skakel te klik.
[Terug na bo]
Weergawes van Legacy
Die Legacy program is in twee weergawes beskikbaar, nl. 'n Standaard weergawe asook 'n Deluxe weergawe.
Die Standaard weergawe beskik oor beperkte funksionaliteit, maar is gratis beskikbaar.
Die Deluxe weergawe, daarenteen, bevat al die beskikbare funksionaliteit. Afhangende van die heersende wisselkoers, kos die program so tussen R200,00 en R250,00. ($29.95)
Die Standaard weergawe kan na die Deluxe weergawe omgeskakel word deur bloot 'n Kliëntnommer in te sleutel. Hierdie nommer sal per e-pos aan jou gestuur word nadat Millenia die verlangde betaling ontvang het.
Jy kan die Deluxe weergawe by die Legacy Aanlyn-Winkel aankoop.
[Terug na bo]
Aflaai van Legacy
Jy kan die jongste beskikbare Standaard weergawe van Legacy nou gratis hier aflaai .
[Terug na bo]
