
Algemene Vrae (FAQ)
Hier word antwoorde verskaf op vrae wat heel dikwels gevra word.
Waar nodig, word ook na die Help lęer verwys waar meer volledige inligting beskikbaar is.Tipes vrae
Vrae oor die produk self:
- Wat is die jongste weergawe van Legacy?
- Wat is die stelsel vereistes?
- Ek het die amptelike Engelse weergawe aangekoop. Hoe kan ek nou die Afrikaanse weergawe kry?
- Ek sien op die Legacy-Tuis duimgids dat 'n nuwe bywerking van Legacy nou beskikbaar is. Kan ek die program aflaai?
- Ek het 'n nuwe rekenaar aangeskaf. Hoe kan ek Legacy Deluxe installeer sonder om die program weer aan te koop?
- Waar kan ek hulp kry vir aflaai- en installasieprobleme?
- Waar kan ek tegniese ondersteuning kry vir programfoute?
- Is daar 'n Legacy-weergawe vir Apple Mac of Linux?
- Wat is die gratis bywerkings wat geïnstalleer kan word?
- Waar kan ek die boudatum van my Legacy-program kry?
- Kan ek alternatiewe name vir persone toeken?
- Beskik Legacy oor 'n databasis vir bronne?
- Hoe groot is die verskillende invoervelde?
- Hoeveel gebeurtenisse kan ek vir elke persoon aanteken?
- Kan Legacy data in- en uitvoer?
- Hoeveel generasies kan Legacy hanteer?
- Watter soorte verslae kan Legacy produseer?
- Ondersteun Legacy foto's, klank en video?
[Terug na bo]
Vrae oor gebruik van die produk:
- Hoe kan ek weer met dieselfde familielęer begin wat ek laas gebruik het toe die program afgesluit is?
- Hoe kan ek 'n egpaar opstel waar beide persone van dieselfde geslag is?
- Waarom is party ikone gekleurd en ander nie?
- Hoe kan ek na my eie inligting terugkeer nadat ek nuwe inligting vir ander individue bygevoeg het?
- Hoe kan ek die getal persone en gesinne in my familielęer kry?
- Kan ek meer as een venster oopmaak vir dieselfde familielęer?
- Kan ek gelyktydig na twee verskillende familielęers kyk?
- Kan ek die agtergrondkleure van die vensters verander?
- Hoe kan ek die teks in die vensters verander om dit beter te kan sien?
- Kan ek 'n tweede stel ouers aan 'n persoon koppel?
- Hoe kies ek die ouers wat vertoon moet word wanneer 'n persoon meer as een ouerpaar het?
- Hoe kan ek 'n nuwe ongekoppelde persoon by my famililęer byvoeg?
- Kan ek twee identiese persone kombineer?
- Hoe bereken ek 'n persoon se geboortedatum uit sy ouderdom by afsterwe?
- Hoe kan ek 'n lys druk van al die familiename in my familielęer?
- Kan ek 'n lys druk van al die name wat ek vandag bygevoeg het?
- Waar kan ek adresse aanteken?
- Hoe pas ek die Geo Pleknaamdatabasis aan?
- Hoe kan ek persone se ouderdom vasstel toe hul getroud is of toe hul oorlede is?
- Hoe kan ek die formaat van my datums verander?
- Hoe kan ek die volgorde van kinders verander?
- Hoe kan ek die oudste of jongste generasies in my familielęer kry?
- Nadat ek 'n GEDCOM-lęer ingevoer het, is sommige datums foutief. Hoe kan ek al hierdie datums vind?
- Wanneer ek data invoer, hoe kan ek outomaties 'n bron daaraan koppel sodat ek weet waar die data vandaan kom?
- Waarom is daar in sommige woorde van my notas 'n spasie? Of: Waarom is sommige woorde van my notas aanmekaar?
- Hoe kan ek 'n databasis van my huidige data vir 'n ouer weergawe van Legacy skep?
- Hoe verwyder ek 'n installasie van Legacy?
[Terug na bo]
Hoe los ek probleme op:
[Terug na bo]
- Doen 'n Herstel van jou familielęer.
Klik op die Kieslys op Lęer > Lęerinstandhouding > Kontroleer/Herstel...
Kyk of die fout verdwyn het.
- Indien die fout nie verdwyn het nie, voer dan al die rekords in jou familielęer uit na 'n nuwe familielęer. Doen dit op die volgende manier:
- Klik op die Kieslys op Lęer > Voer Uit Na
- Kies Legacy Lęer... in die lys wat vertoon word.
- Gee 'n nuwe naam vir die uitvoer en klik op Save.
- Die Legacy Uitvoer venster open. Klik op die knoppie Begin die Uitvoer.
(Wanneer jy gevra word oor die toeken van 'n bron, klik op Moenie 'n Bron Toeken nie.)- Begin Legacy nou met die nuwe Lęer en kontroleer die resultaat.
Verwyder die ou lęer as jy tevrede is met die nuwe een.
- Indien die familielęer nie met die vorige stappe herstel kon word nie, moet jy ongelukkig teruggaan na 'n vorige rugsteun.
Jy moet gereeld 'n rugsteun van al jou data maak en dit ook toets.
Wenk! Moenie enige van jou vorige rugsteunlęers oorskryf nie. Bewaar hulle vir 'n tydperk totdat jy seker is dat hulle nie weer benodig sal word nie.
Kyk na 'n aantal belangrike rugsteunwenke deur hier te klik.- Herstel die program deur die nuutste vrystelling van Legacy te installeer.
Nuwe vrystellings van die program bevat meestal nuwe kodering om:Jy kan die nuutste vrystelling van die program aflaai deur hier te klik. Jy sal ook meer inligting daar kry.
• gerapporteerde probleme op te los,
• moontlike ontbrekende lęers te herskep,
• beskadigde lęers te vervang,
• nuwe funksionaliteit vry te stel.
Vrae oor die produk self:
Wat is die jongste weergawe van Legacy?
Die jongste weergawe van Legacy is 7.4. Hierdie weergawe is op 3 Junie 2008 vrygestel.
Bywerkings word periodiek gedoen en kan van ons webblad afgelaai word.
Indien jy lid van die Legacy-Afrikaans Gebruikersgroep is, sal jy per e-pos oor nuwe bywerkings ingelig word.
[Terug na bo]
Wat is die stelsel vereistes?
- Pentium verwerker of soortgelyk
- VGA of beter
- Windows 7, Windows Vista, Windows XP, Windows ME*, Windows 98*, Windows NT, Windows 2000
(Legacy werk ook op nuwer Macs met Windows geïnstalleer onder Bootcamp, Parallel of Fusion. Legacy werk ook op Linux stelsels met 'n Windows nabootser soos VMWare of Sun se Virtual Box)
Nota: Legacy werk op beide 32bit en 64bit Windows bedryfstelsels.- Hardeskyf met 98 MB beskikbaar
- 'n CD-ROM leser
- 256 MB RAM minimum
- 'n Muis
- Internetverbinding word aanbeveel
- IE7 of beter indien jy van Virtual Earth Mapping wil gebruikmaak
* Vir Win 98 en Win ME moet alle beskikbare Microsoft Service Packs geïnstalleer wees.
[Terug na bo]
Ek het die amptelike Engelse weergawe aangekoop. Hoe kan ek nou die Afrikaanse weergawe kry?
Toe jy Legacy gekoop het, het jy 'n kliëntnommer ontvang. Hierdie nommer is ook geldig vir die Afrikaanse weergawe van Legacy.
Jy kan die Afrikaanse weergawe van hierdie webwerf aflaai. Jy sal daar ook inligting kry wat om verder te doen.
[Terug na bo]
Ek sien op die Legacy-Tuis duimgids dat 'n nuwe bywerking van Legacy nou beskikbaar is. Kan ek die program aflaai?
Ja, op hierdie manier bekom jy die jongste uitreiking van Legacy Afrikaans.
Laai die program hier af.
[Terug na bo]
Ek het 'n nuwe rekenaar aangeskaf. Hoe kan ek Legacy Deluxe installeer sonder om die program weer aan te koop?
Laai die gratis Standaard-weergawe hier af en installeer dit op die nuwe rekenaar. Die spesiale Deluxe funksies is daarin opgesluit. Om hierdie funksies te ontsluit moet jy die program begin en daarna klik op Help > Ontsluit nou. Vul die nodige inligting in asook jou kliëntnommer. Klik daarna op die Ontsluit knoppie.
Klik hier indien jy jou kliëntnommer vergeet of verlę het. (Kommunikasie geskied hier egter in Engels)
[Terug na bo]
Waar kan ek hulp kry vir aflaai- en installasieprobleme?
Klik hier vir hulp met die aflaai en installasie van die program.
[Terug na bo]
Waar kan ek tegniese ondersteuning kry vir programfoute?
Klik hier vir tegniese ondersteuning wanneer jy 'n fout in die program wil deurgee (maar doen dit in Engels).
[Terug na bo]
Is daar 'n Legacy-weergawe vir Apple Mac of Linux?
Daar is geen weergawe van Legacy beskikbaar vir die Apple Mac nie en ook geen planne om so een in die toekoms beskikbaar te stel nie. Legacy kan wel op die nuwer MAC gebruik word indien Windows onder Bootcamp, Parallel of Fusion geïnstalleer is.
Legacy werk op Linux stelsels met 'n Windows nabootser soos VMWare of Sun se Virtual Box.
[Terug na bo]
Wat is die gratis bywerkings wat geïnstalleer kan word?
Alle Legacy vrystellings het gratis bywerkings waarin sommige aangemelde probleme opgelos is en soms ook nuwe funksies bevat. Elke bywerking het 'n volgnommer wat jy deur middel van Help > Algemene Inligting... in die blokkie Algemene Inligting teenoor Uitgawe sal vind. Die laaste aantal syfers van die nommer na die punt verskaf die nommer van die betrokke bywerking wat op jou rekenaar geïnstalleer is.
Jy kan dieselfde nommer ook op die duimgids Legacy Tuis in die blokkie Bywerkings teenoor Geïnstalleerde Uitgawe: vind. Die nommer van die nuutste beskikbare bywerking sal ook in hierdie blokkie verskyn.
[Terug na bo]
Waar kan ek die boudatum van my Legacy-program kry?
Die boudatum (asook die nommer) van die geïnstalleerde bywerking op jou rekenaar kan jy kry deur op Help > Algemene Inligting... te klik.
[Terug na bo]
Kan ek alternatiewe name vir persone toeken?
Ja, jy kan 'n onbeperkte aantal alternatiewe name vir enige persoon toeken. Dit sluit ook Titels sowel as Voor- en Agtervoegsels in.
Kyk ook in Help:
• Alternatiewe name
[Terug na bo]
Beskik Legacy oor 'n databasis vir bronne?
Ja. Inligting oor bronne word in 'n Meesterbronlys opgeneem. Telkens wanneer 'n bron benodig word vir 'n dataveld, hoef daar slegs na die bron in die Meesterbronlys verwys te word. Dit is dus nie nodig om die betrokke bron se inligting weer in te tik nie.
Jy kan ook van die Bronklembord gebruik maak. Met slegs 1 muisklik is dit moontlik om die bron se inligting outomaties aan meer as een dataveld toe te ken.
Met behulp van Autobron kan jy ook 'n bron automaties toewys aan bv. data wat van 'n eksterne bron in jou familielęer ingevoer word.
Kyk ook in Help:
• Meester:Bronlys
• Bron:Klembord
• Bron:Toewys met invoer
[Terug na bo]
Hoe groot is die verskillende invoervelde?
Hier is besonderhede oor slegs 'n paar van die mees algemene velde:
Veldnaam Lengte Voornaam 120 Familienaam 120 Datums 45 Plekke 255 Algemene notas 1,000,000 Navorsingsnotas 1,000,000 Mediese notas 1,000,000 Huweliksnotas 1,000,000 Daar is nog baie meer inligtingsvelde in Legacy. Vir 'n volledige lys van die veldlengtes kyk in Help:
• Program:Kapasiteite
[Terug na bo]
Hoeveel gebeurtenisse kan ek vir elke persoon aanteken?
Jy kan 'n onbeperkte aantal gebeurtenisse vir elke persoon aanteken. Elke gebeurtenis word met 'n naam geïdentifiseer. Verder kan dit ook 'n datum, plek, beskrywing en 'n veld vir notas bevat.
Kyk ook in Help:
• Gebeurtenis:Byvoeg
[Terug na bo]
Kan Legacy data in- en uitvoer?
Beslis, ja!
Legacy is in staat om alle standaard (asook nie-standaard) GEDCOM-lęers wat deur ander genealogie programme geskep is, te lees en te verwerk.
Legacy kan ook data lees en verwerk wat deur Personal Ancestral File® (PAF) weergawe 2.31, 3.x, 4.x of 5.x asook Ancestral Quest weergawe 2.5x en 3.x geskep is.
Legacy kan verder ook GEDCOM-lęers skep vir verskillende bestemmings waaronder: Legacy, GEDCOM 5.5, Ancestral File, Pedigree Resource File, en TempleReady®. Alle uitvoere kan deur jou aangepas word sodat net die verlangde inligting uitgevoer word.
Kyk ook in Help:
• GEDCOM:Invoer
• GEDCOM:Uitvoer
[Terug na bo]
Hoeveel generasies kan Legacy hanteer?
Legacy kan 'n onbeperkte aantal generasies verwerk. (Die geboorte van Christus is ongeveer 80 generasies gelede)
[Terug na bo]
Watter soorte verslae kan Legacy produseer?
Legacy kan minstens 105 verskillende soorte verslae produseer. 'n Paar voorbeelde hiervan is:
Vir 'n volledige lys van alle moontlike verslae, kyk in Help:
- Gesinsblaaie
- Nasatestate
- Nasate verhalend
- Voorouers verhalend
- Tydlynverslae
- Kwartierstate
- Afkomsstate
- Persoonsverslae
• Legacy VerslaglysLegacy kan ook 'n verskeidenheid blanko vorms, vraelyste, navorsingslogs, adresetikette, naamplaatjies en kalenders druk.
[Terug na bo]
Ondersteun Legacy foto's, klank en video?
Ja, Legacy kan.
Elke persoon of huwelik kan aan 'n onbeperkte aantal foto's gekoppel word. Elke foto kan ook 'n klankopname bevat. Met die gebruik van foto's, klank en video's kan jy 'n automatiese skyfievertoning of selfs 'n skermbeskermer (screensaver) skep.
Kyk ook in Help:
• Fotos
• Fotos vertoon
[Terug na bo]
Vrae oor gebruik van die produk:
Hoe kan ek weer met dieselfde familielęer begin wat ek laas gebruik het toe die program afgesluit is?
Jy doen dit deur die opsie te stel by Opsies > Pasmaak... > Algemeen.
Jy kan daar ook die Gesin kies waarmee jy wil begin.
Kyk ook in Help:
• Opsies
[Terug na bo]
Hoe kan ek 'n egpaar opstel waar beide persone van dieselfde geslag is?
So 'n situasie kan nie normaalweg in Legacy opgestel word nie.
Dit is egter wel moontlik om dit op 'n baie spesiale manier te doen. Daarvoor het jy egter tegniese kennis nodig. Instruksies (in Engels) hoe om dit te doen, kan jy by die webwerf http://www.moss-fritch.com/legacy_7.html kry.
[Terug na bo]
Waarom is party ikone gekleurd en ander nie?
Die ikone is kortpaaie na ander vensters wat sekere inligting kan bevat. Indien daar reeds inligting daar te vinde is, sal die ikoon gekleurd wees. Indien daar egter geen inligting te vinde is nie, sal die ikoon ongekleurd wees. Dit is dus vir jou 'n aanduiding of daar alreeds inligting daar te vinde is aldan nie, sonder dat dit vir jou nodig is om die venster te open om uit te vind.
[Terug na bo]
Hoe kan ek na my eie inligting terugkeer nadat ek nuwe inligting vir ander individue bygevoeg het?
Legacy beskik oor 'n Geskiedenislys sowel as 'n Boekmerklys.
Die Geskiedenislys hou tred van die laaste 200 individue waarna jy óf gekyk, bygevoeg óf geredigeer het. Deur op die Boekmerk knoppie in die linker onderste hoek van die venster te klik, kan jy kies om terug te gaan na enige van hierdie individue waaraan jy gewerk het.
Die Boekmerk funksie laat jou toe om 'n merker te plaas op enige individu wat jy wil merk. Regs-klik op die Boekmerk knoppie om die aktiewe individu op die betrokke venster te merk.
Om terug te keer na 'n gemerkte individu, klik op die Boekmerk knoppie en kies die individu uit die lys na wie toe jy wil gaan.
Regs van die Boekmerk knoppie is daar ook 3 kassies. Deur in enige van hierdie kassies te Regs-klik, sal die aktiewe individu op die betrokke venster met 'n Boekmerk gemerk word. Op hierdie manier kan 3 individue gemerk word waarna moontlik dikwels teruggegaan wil word. Hierdie individue sal opgeroep word deur op die betrokkie kassie te klik.
[Terug na bo]
Hoe kan ek die getal persone en gesinne in my familielęer kry?
Hierdie inligting kan jy op die Legacy Tuis venster in die blokkie Statistieke regs bo-aan die venster vind. Dieselfde inligting kan jy ook kry deur te klik op Help > Algemene Inligting...
[Terug na bo]
Kan ek meer as een venster oopmaak vir dieselfde familielęer?
Jy kan tot 7 verskillende vensters oopmaak vir dieselfde familielęer. Al wat nodig is, kies Bekyk > Verdeelde Skerm Venster op die Kieslys. Deur van meer as een venster gebruik te maak kan jy na verskillede dele van jou familielęer kyk om inligting te vergelyk.
Kyk ook in Help:
• Hoe om 'n Ander Familie/Stamboomskerm te Vertoon
[Terug na bo]
Kan ek gelyktydig na twee verskillende familielęers kyk?
Jy kan na 2 verskillende familielęers gelyktydig kyk. Dis 'n baie goeie manier om lęers met mekaar te vergelyk. Om 'n tweede familielęer te open moet jy eers op die kieslys klik op Bekyk > Verdeelde Skerm Venster en dan op Ja wanneer jy gevra word of 'n tweede familielęer oopgemaak moet word. Kies dan die ander familielęer wat jy wil besigtig.
Dit is maklik om tussen die 2 familielęers te spring deur eenvoudig op die betrokke venster te klik. Alle funksies is beskikbaar vir enigeen van die twee familielęers wat oop is. Jy kan selfs persone 'sleep en plak' tussen die twee familielęers.
[Terug na bo]
Kan ek die agtergrondkleure op die vensters verander?
Ja, jy kan enige kleur kies vir die agtergrond van die Gesins- en Kwartierstaatvenster.
Om die agtergrond te verander op enige van die genoemde vensters moet jy regs-klik op die agtergrond en kies dan Verander Kleurskema... Die Kies 'n Kleurskema venster met die agtergrondkleurskemas sal verskyn. Kies die kleurskema wat jy verlang deur daarop te dubbel-klik. Indien jy 'n kleurskema verkies wat nie een van dié is wat vertoon word nie, klik dan op die knoppie Skep 'n Nuwe Kleurskema aan die onderkant van die venster en volg die daaropvolgende aanwysings.
Kyk ook in Help:
• Agtergrond:Kleur
• Agtergrond:Patroon
• Kleur:Skemas
[Terug na bo]
Hoe kan ek die teks in die vensters verander om dit beter te kan sien?
Meeste van die vensters in Legacy se grootte kan verstel word. Wanneer die venster vergroot word, word alles binne die venster ook outomaties vergroot insluitende die teks. Indien die teks desnieteenstaande nog te klein is, kan die minimum grootte daarvan verander word deur op die Fonte duimgids te klik nadat jy op die kieslys op Opsies > Pasmaak... geklik het. Verander dan die minimum grootte van die font na 'n groter waarde en klik op Stoor.
Kyk ook in Help:
• Fonte:Voorkeurstel - Fonte
[Terug na bo]
Kan ek 'n tweede stel ouers aan 'n persoon koppel?
In Legacy kan jy meer as een stel ouers aan dieselfde persoon koppel. Dit laat jou toe om aannemings en ander ouer-kind verwantskappe na te speur. Om 'n tweede stel ouers aan 'n persoon te koppel, begin deur die persoon se inligting in die Man of Vrou se posisie op die Gesinsvenster te kry. Jy kan ook die persoon die aktiewe persoon op die Kwartierstaatvenster maak. Regs-klik daarna op die persoon se naam en kies Bekyk > Ouerlys... Die Ouerlys sal verskyn.
Indien jy 'n nuwe ouerpaar wil byvoeg wat nie reeds in die lys verskyn nie, klik op die knoppie Voeg Nuwe Ouers by links onder op die venster. 'n Nuwe stel ouers, beide genaamd "Onbekend", sal in die Ouerlys verskyn. Jy kan daarna klik op Voeg Vader by... en Voeg Moeder by... om die nodige inligting te verskaf.
Deur op die knoppie Koppel aan Bestaande Ouers... in die Ouerlysvenster te klik, kan die persoon aan 'n reeds bestaande ouerpaar gekoppel word. Kies die ouerpaar uit die lys wat vertoon sal word.
Dieselfde resultaat kan verkry word deur 'n Regs-klik op enige van die bestaande ouers van die persoon. Klik op Voeg Addisionele Ouers by... en volg die aanwysings soos hierbo verduidelik.
Kyk ook in Help:
• Hoe om By te voeg:Bykomende ouers
• Ouers:Lys
[Terug na bo]
Hoe kies ek die ouers wat vertoon moet word wanneer 'n persoon meer as een ouerpaar het?
Jy kan die Voorkeurouers op enige van die volgende maniere kies:
Kyk ook in Help:
- Regs-klik in die Gesinsvenster op die persoon se naam. Kies dan Bekyk > Ouerlys... Die Ouerlys sal vertoon word. Dubbel-klik daarna op die ouerpaar wat jy as Voorkeurouers vertoon wil hę.
- Klik op die Ouer-ikoon. Die Ouerlys sal vertoon word. Dubbel-klik daarna op die ouerpaar wat jy wil hę vertoon moet word.
- Indien jy in die Gesinsvenster in die kant op die agtergrond langs die name van die ouers klik, kan jy tussen die verskillende ouerpare se name wip.
• Ouers: Ouerlys
[Terug na bo]
Hoe kan ek 'n nuwe ongekoppelde persoon by my famililęer byvoeg?
Om 'n nuwe ongekoppelde persoon by jou famililęer te voeg, klik op die kieslys op Voeg by > Nuwe Ongekoppelde Persoon... Die venster vir Persoon se Inligting sal verskyn. Sleutel al die nodige inligting in en klik dan op die Stoor knoppie.
Hierdie individu sal nou in jou famililęer bestaan, maar aan niemand anders gekoppel wees nie. Later kan jy hom/haar aan iemand anders koppel wanneer jy weet waar hy/sy in die familie inpas.
[Terug na bo]
Kan ek twee identiese persone kombineer?
Dit is moontlik om twee "identiese" persone in jou familielęer te kombineer. Hierdie situasie kan ontstaan wanneer eksterne data by jou familielęer gevoeg word of wanneer jy per ongeluk dieselfde persoon se inligting meermale in jou familielęer insleutel.
Jy kan sulke persone maklik kombineer. Kry een van die persone as die aktiewe persoon in die Gesinsvenster en klik dan op Hulpmiddels > Kombineer > Handmatig Kombineer... op die Kieslys.
(LET WEL: Dit is raadsaam om eers 'n rugsteun van jou famililęer te maak alvorens jy hierdie aksie wil uitvoer. Legacy sal jou vra of die program self so 'n rugsteun moet maak, maar wees bedag daarop dat hierdie rugsteun slegs vir 'n beperkte tyd beskikbaar sal wees, sou jy dalk die kombinasie(s) wil kanselleer.)
Die venster Kombineer Twee Persone sal verskyn met die inligting van die gekose aktiewe persoon aan die linkerkant van die venster. Indien dit nie die persoon is wat jy wil kombineer nie, klik dan op die knoppie Kies Links en kies die verlangde persoon uit die Naamlys wat sal verskyn.
Klik nou op die Kies Regs knoppie en kies die persoon uit die naamlys wat jy met die een aan die linkerkant van die Kombineer Twee Persone venster wil kombineer. Beide persone se inligting sal nou op die venster vertoon word. Kontroleer al die gegewens wat beskikbaar is en neem 'n besluit. Indien jy tevrede is dat hulle wel gekombineer kan word, klik dan op die knoppie Kombineer die Regterkantste Persoon met die Linkerkantste Persoon.
Wees bedag daarop dat die regterkantste persoon se definisie uit jou familielęer verwyder sal word en dat net die linkerkantste persoon se definisie behoue sal bly, tesame met die moontlike nodige addisionele inligting wat van die ander rekord verkry is.
'n Kombinering van persone kan tot gevolg hę dat Legacy moontlik ook verdere persone vir kombinasie sal voorstel.
Kyk ook in Help:
• Kombineer Duplikate:Persone > Hoe om Duplikaat Persone Saam te Voeg
[Terug na bo]
Hoe bereken ek 'n persoon se geboortedatum uit sy ouderdom by afsterwe?
Die inligting op grafstene gee dikwels die persoon se sterfdatum en die ouderdom by afsterwe. Hieruit kan baie maklik die geboortedatum bepaal word. Om dit te doen, sleutel die sterfdatum van die persoon in. Sorg dat die muis se merker in hierdie datumkassie is. Klik dan op die Kalender ikoon om die Kalender venster te toon. Klik nou op die Datumrekenaar duimgids. Die sterfdatum sal in die kassie teenoor Tweede Datum verskyn. Tik nou die persoon se ouderdom by afsterwe in by die Jare, Maande, Dae kassies. Klik hierna op die Bereken knoppie. Die berekende geboortedatum sal in die kassie Eerste Datum verskyn. Jy kan die datum kopieër en in die geboortedatum van die persoon plak.
[Terug na bo]
Hoe kan ek 'n lys druk van al die familiename in my familielęer?
Klik in die Kieslys op Verslae > Alle Verslae (Boeke en andere)...
Op die Verslae venster wat verskyn, onder die hoof Diverse Verslae, klik op die knoppie Van Opsomming. Klik op Voorskou of Druk na behoefte.
Die verslag gee vir jou 'n opsomming van al die familiename, hoeveelkeer elkeen voorkom met ook 'n strekwydte vir elkeen.
Kyk ook in Help:
• Vanne:Opsomming
[Terug na bo]
Kan ek 'n lys druk van al die name wat ek vandag bygevoeg het?
Jy kan 'n lys druk van alle name wat jy vandag bygevoeg het deur gebruik te maak van die Soek-funksie.
Klik op Soek > Vind... op die kieslys. Klik daarna op die Gedetailleerde soektog duimgids in die venster wat vertoon word.
Selekteer vervolgens: Persoon in die Soek na? kassie; Datum bygevoeg in die Waar om te soek? kassie; Gelyk aan in die Hoe om te soek kassie; tik die verlangde datum in die Waarna om te soek kassie.
Klik daarna op die knoppie Skep Lys onderaan die venster. 'n Naamlys sal geskep word wat dan gedruk of besigtig kan word.
Kyk ook in Help:
• Soek:Soek
[Terug na bo]
Waar kan ek adresse aanteken?
Adresse kan onder andere 'n naam, drie adresreëls, twee telefoonnommers, 'n e-posadres en 'n internetadres bevat.
Kyk ook in Help:
- Jy kan Posadresse aanteken deur in die Gesinsvenster op die Adres-ikoon (die huisie) te klik.
- Jy kan ook adresse vir geboortes, dope, sterftes en begrafnisse aanteken deur op die '+' tekentjie regs van die betrokke pleknaamveld in die Persoon se Inligting venster te klik.
- Adresse vir Gebeurtenisse kan ook aangeteken word deur op die Adres-ikoon te klik in die Redigeer Gebeurtenis venster.
- Adresse vir bewaarplekke van Bronne kan jy aanteken op die Bewaarplek duimgids waar jy Bronne redigeer.
• Adresse
• Adres:Byvoeg
• Meester:Adreslys
[Terug na bo]
Hoe pas ek die Geo Pleknaamdatabasis aan?
Jy kan meer inligting oor die Geo Pleknaamdatabasis hier vind.
[Terug na bo]
Hoe kan ek persone se ouderdom vasstel toe hul getroud is of toe hul oorlede is?
Aktiveer die persoon op die Gesinsvenster. Klik dan op Bekyk > Ouderdomme...
Kyk ook in Help:
• Ouderdomsverslag
[Terug na bo]
Hoe kan ek die formaat van my datums verander?
In Legacy kan datums op verskillende maniere aangebied word.
Jy kan die verlangde formaat kies deur te klik op Opsies > Pasmaak... Klik dan op die Datums duimgids en selekteer die verlangde formaat
Kyk ook in Help:
• Datums:Formate > Intik van datums in Datumvelde
[Terug na bo]
Hoe kan ek die volgorde van kinders verander?
Jy kan die volgorde verander waarin kinders verskyn deur regs te klik op enigeen van die kinders in die Gesinsvenster of die Kwartierstaatvenster. Klik hierna op Kinders se Instellings...
'n Lys van die egpaar se kinders sal verskyn. Jy kan nou die volgorde verander deur een van die kinders te merk deur op die naam te klik. Gebruik nou die knoppies met die pyltjies op aan die regterkant langs Rangorde om die betrokke kind op- of afwaarts te skuif.
Jy kan ook op die knoppie Sorteer klik wat die kinders dan in geboorte-/doopdatum sal sorteer.
Kyk ook in Help:
• Kind:Volgorde
[Terug na bo]
Hoe kan ek die oudste of jongste generasies in my familielęer kry?
Op die kieslys klik op Soek > Vind...
Klik hierna op die Diverse duimgids. Verskeie opsies word vertoon. Maak jou keuse en skep 'n lys.
Kyk ook in Help:
• Soek > Soek
[Terug na bo]
Nadat ek 'n GEDCOM-lęer ingevoer het, is sommige datums foutief. Hoe kan ek al hierdie datums vind?
Op die kieslys klik op Soek > Vind...
Klik hierna op die Diverse duimgids. Verskeie opsies word vertoon. Kies Alle rekords met ongeldige datums en skep 'n lys.
Kyk ook in Help:
• Soek > Soek
[Terug na bo]
Wanneer ek data invoer, hoe kan ek outomaties 'n bron daaraan koppel sodat ek weet waar die data vandaan kom?
Wanneer jy data wil invoer sal Legacy vra of jy 'n bron aan die data wil toeken. Jy kan dan 'n bestaande bron uit die Meester Bronlys kies, of 'n nuwe bron in die Meester Bronlys skep, om aan die data te koppel. Jy kan dan later altyd sien waar die data vandaan gekom het.
Kyk ook in Help:
• Bron:Toewys met Invoer
[Terug na bo]
Waarom is daar in sommige woorde van my notas 'n spasie? Of: Waarom is sommige woorde van my notas aanmekaar?
Hierdie probleem ontstaan tydens die in- of uitvoer van GEDCOM-lęers.
Ongelukkig hanteer alle programme wat GEDCOM-lęers skep en/of inlees die data nie op dieselfde manier nie. Alle lang sinne word in korter segmente opgebreek. Hierdie segmente kan soms deur een program in die middel van 'n woord opgebreek word (die segmente is almal van 'n konstante lengte) terwyl 'n ander program dit weer tussen woorde sal doen (die segmente is van wisselende lengte). In laasgenoemde geval word die spasie tussen die woorde dan ook verwyder wanneer die data na die GEDCOM-lęer geskryf word.
Wanneer hierdie segmente later weer aanmekaar geheg moet word, word dit ook op verskillende maniere gedoen. Een program mag die segmente direk langs mekaar plaas, menende dat die segmente van konstante lengte is. 'n Ander program mag weer 'n spasie tussen die segmente plaas, menende dat die segmente van wisselende lengte is.
Wanneer een program die data waarskynlik opgebreek het midde in 'n woord (konstante lengte segmente) en 'n ander program sit die data aanmekaar met die veronderstelling dat die data tussen woorde opgebreek was (wisselende lengte segmente), sal daar 'n spasie in die woord verskyn, want hierdie program sal nou die spasie terugsit wat die oorspronklike program wat die data aanvanklik geskep het, verwyder het.
Die omgekeerde vind plaas wanneer die program wat die data opbreek dit tussen woorde doen en die program wat dit weer aanmekaar sit dit doen asof die data midde in 'n woord opgebreek was. In hierdie geval is dit moontlik dat twee woorde aanmekaar sal verskyn.
Die probleem kan grootliks opgelos word deur die regte opsies te kies wanneer die data geskep of ingelees word.
Indien jy weet dat die data deur 'n program gelees gaan word wat daarop reken dat die data van wisselende lengte is (die verouderde standaard), kies dan daardie opsie wat die data so sal opbreek. Andersins, kies die opsie om data van konstante lengte (die nuwe standaard) te skep. Hierdie is die metode wat Legacy as standaard doen.Legacy is slim genoeg om te weet hoe data deur sekere bekende programme opgebreek word. Ongelukkig is daar soms data wat deur onbekende programme geskep is waarvan Legacy geen kennis dra nie. In so 'n geval mag Legacy die verkeerde aanname maak oor watter manier gevolg was om die data te skep. Dan kan dit gebeur dat die foutiewe hegtingsmetode gevolg word.
Indien jy data ontvang en in Legacy inlees wat tot gevolg het dat die data verkeerdelik aanmekaar gesit word, kan jy Millennia vra om die werkwyse vir die betrokke data te wysig sodat dit korrek gehanteer sal word.
Wanneer jy data inlees, kan jy kies tussen die volgende opsies:
Hierdie opsies vind jy op die Invoer venster nadat Legacy die GEDCOM-lęer geanaliseer het.
- Laat Legacy besluit hoe om reëls op te breek
- Breek sinne binne woorde
- Breek sinne tussen woorde
[Terug na bo]
Hoe kan ek 'n databasis van my huidige data vir 'n ouer weergawe van Legacy skep?
Indien jy dit nodig mag vind om weer met 'n ouer weergawe van Legacy te werk, sal jou bestaande databasis nie met die ouer weergawe van Legacy werk nie. Die volgende stappe verduidelik hoe om 'n werkbare databasis te skep wat (moontlik) al jou bestaande inligting sal bevat:
Mag dit nooit nodig wees om hierdie prosedure uit te voer nie!
- Met jou bestaande Legacy program, kies op die kieslys Lęer > Voer uit na > GEDCOM Lęer....
- Op die skerm wat verskyn, onder die afdeling "Tipe lęer om te skep" vir "Skep lęer vir:" kies Legacy en vir "Karakter Stel" kies ANSI
- Maak ander keuses op die skerm soos nodig.
- Kies die naam vir die GEDCOM lęer en skep dit.
- Begin die ouer weergawe van Legacy en kies op die kieslys Lęer > Voer in vanaf > GEDCOM Lęer...
- Wanneer die program daarom vra, kies die GEDCOM wat hierbo geskep is en skep 'n nuwe databasis.
- Kontroleer of die databasis alles bevat wat jy verwag. Indien nie, herskep die GEDCOM en maak die nodige regstellings met die verskillende opsies wanneer die GEDCOM geskep word.
- Herhaal die hele prosedure totdat jy tevrede is met die resultaat.
[Terug na bo]
Hoe verwyder ek 'n installasie van Legacy?
Indien jy dit nodig vind om 'n Legacy weergawe te verwyder, moet jy dit beslis NIE op die Windows manier doen (via die Control Panel) om programme te verwyder nie. In so 'n geval word soms ook lęers verwyder wat ander weergawes van Legacy gebruik. Jy sal sulke lęers dus weer opnuut moet installeer.
Nuwer metode
Meer onlangs het Legacy 'n prosedure ingestel om 'n weergawe van Legacy maklik te verwyder.
Wanneer jy op Start > All Programs klik, verskyn die kortpadlys van alle programme wat op jou rekenaar is.
Soek die Legacy installasie wat jy wil verwyder. Daar is twee inskrywings in die lys hiervoor; die eerste een het nie die kenmerkende Legacy skild-ikoon vooraan nie, die tweede inskrywing het dit wel.
Klik op die eerste inskrywing sonder die skild-ikoon. Klik vervolgens in die opwip lys op die inskrywing wat lui Verwyder Legacy ... .
Dit wat nodig is om verwyder te word, sal nou outomaties verwyder word.
Ou metode
Gebruik die UNWISE.EXE nutsprogram wat jy in dieselfde vouer sal kry as waarin die Legacy program is wat jy wil verwyder.
Hierdie program bied jou drie opsies waaruit jy kan kies:
• Outomaties
• Pasmaak
• HerstelVolg die volgende stappe ten einde die betrokke program te verwyder:
Op hierdie wyse sal slegs die verlangde weergawe verwyder word, maar nie die dll-lęers wat vir ander weergawes van Legacy benodig word nie.
- Dubbel-klik op die Unwise.exe lęer/ikoon in die betrokke vouer (bv. C:\Legacy7).
- Kies die Pasmaak opsie en klik op die Volgende > knoppie.
- In die skerm Kies Private lęers om te verwyder klik op die Kies Almal knoppie en dan op die Volgende > knoppie.
Dit sal later al die onnodige programlęers verwyder.- Die skerm Kies Stelsel Lęers wat verwyder moet word vertoon 'n aantal Windows\System32 lęers. Klik op die Kies Niks knoppie en dan op die Volgende > knoppie.
Hierdie lęers word ook deur ander weergawes van Legacy gebruik. MOET DIT NIE VERWYDER NIE!- In die derde skerm Kies Gidse om te verwyder klik op die Kies Almal knoppie en dan op die Volgende > knoppie.
Dit sal later al die onnodige vouers verwyder.- In die daaropvolgende skerm Kies Registrasie Sleutels om te verwyder klik op die Kies Almal knoppie en dan op die Volgende > knoppie.
Dit sal later al die onnodige inskrywings in die Registry verwyder.- In die voorlaaste skerm Kies Registrasie Sleutels om te redigeer klik op die Kies Niks knoppie en dan op die Volgende > knoppie.
- Indien jy absoluut seker is dat jy die program wil verwyder, klik dan laastens op die Voltooi knoppie, andersins klik op die Kanselleer knoppie.
[Terug na bo]
Datum bygewerk: 12 Julie 2010