Legacy Box

Rugsteun met Legacy 7.4

Dit is baie belangrik om gereeld rugsteun kopieë van jou familie- en multimedialęers te maak nadat jy jou data bygewerk het. Alle rekenaars gaan een of ander tyd op 'n manier 'n probleem gee. Soms sal die hardeskyf die gees gee, op 'n ander geleentheid mag die geheue dalk 'n probleem gee, of moontlik die moederbord. Wanneer een van hierdie katastrofes jou tref, sal jy baie bly wees om 'n rugsteun kopie van jou belangrike data te hę om op terug te val (of jy sal baie teleurgestel en gefrustreerd wees indien jy nié so iets het nie). Dit geld vir alle data wat jy op jou rekenaar het; nie net jou familie- en multidatalęers nie!
Maak dus periodiek rugsteun kopieë van alle data wat jy nie wil verloor nie.



Rugsteun Beginsels in Legacy

Indien jy dit nie alreeds gedoen het nie is dit 'n goeie idee om jou Legacy opsies so te stel dat jy outomaties gepor word om 'n rugsteun te maak elke keer dat jy die program afsluit. Hier is hoe dit gedoen word:

1. Klik Opsies op die kieslys en kies Pasmaak uit die lys.

2. By die Pasmaak venster, klik op die Ander duimgids.

3. Klik daarna op die Skakel Opsionele Herinneringsboodskappe Aan/Af knoppie. Klik dan op die Aansporings/Herinnerings duimgids en aktiveer die opsie: Herinner om 'n rugsteun te maak voordat Legacy afgesluit word.  Sluit hierdie venster en klik op die Stoor knoppie aan die onderkant van die venster.

Elke keer wat jy die Legacy program nou afsluit, sal jy 'n boodskap sien wat jou vra of jy 'n rugsteun van die data wil maak van al die familielęers wat jy oop gehad het. Klik net op die Rugsteun knoppie en die proses sal dadelik begin.
[Terug na bo]


Hoe om 'n bestaande Legacy Familielęer te rugsteun

1. Klik op Lęer > Rugsteun Familielęer... op die kieslys of kies vir 'n Rugsteun wanneer jy die program verlaat. Die venster vir Pasmaak Rugsteun sal verskyn.

Daar is verskeie lęers wat Legacy byhou om tred te hou met wat jy besig is om te doen. Die belangrikste lęer is jou familielęer. Dit is die lęer met die .fdb uitbreiding. Daar is een van hulle vir elke familielęer wat jy geskep het.
Legacy skep verskeie ander lęers soos die program hul benodig. Sommige hiervan is die volgende:

  • Navorsingsleiding resultaatlęers
    Hierdie lęers word geskep wanneer jy Legacy vra om aan te dui waar om volgende te soek vir meer inligting.

  • IGI soekresultaatlęers
    Hierdie lęers hou tred van gelykes wat gevind is met 'n soektog in die International Genealogical Index wanneer jy gebruik gemaak het van die IGI Soek funksie.

  • Knipbordlęers
    Hierdie is taak-, gebeurtenis- en broninligting wat jy na die onderskeie knipborde gekopieer het.

  • Fokusgroep Instellingslęers
    Hierdie is groepe wat jy geskep het vir verslae, soektogte en uitvoerings.

  • Multimedialęers
    Hierdie is die beeld-, klank- en videolęers asook ander lęers en dokumente wat jy aan individue, gebeurtenisse, bronne en plekke in jou familielęer gekoppel het.

2. Kies die lęer tipes wat jy graag wil insluit in jou rugsteun deur 'n merkie in die kassie aan die linkerkant teenoor elkeen te maak (of die merkie te verwyder, na gelang van jou behoefte).

Die onderskeie datalęer(s) word in een lęer gerugsteun terwyl die multimedialęers in 'n ander gerugsteun word. Hierdie lęers het almal 'n .zip uitbreiding.

3. Klik nou op die knoppie: Kies Naam en Plek vir Data Rugsteun. Besluit waar jy die rugsteun wil plaas en wat jy dit wil noem. Dit is raadsaam om in die naam aan te dui dat die lęer die data bevat en nie die multimedia nie. Dit is ook 'n goeie idee om die datum in die naam in te sluit. (Sien 6 hier onder.) As voorbeeld "Pompies Familie Legacy Data - 20091213".

Die rugsteun kan op jou rekenaar se hardeskyf, 'n eksterne USB hardeskyf, 'n geheuestokkie (memory stick)* of selfs 'n herskryfbare kompakskyf geplaas word.
(Indien jy die rugsteun op jou rekenaar se hardeskyf plaas, moet jy ook 'n kopie daarvan na 'n kompakskyf skryf, of dit na 'n ander rekenaar oorplaas, of dit oplaai na 'n Internet rugsteun diens, of op een of ander manier 'n kopie elders bewaar. Dis 'n goeie idee om 'n kopie na 'n ander familielid of 'n goeie vriend te stuur. Op hierdie manier kan jy 'n kopie bekom wanneer jy dit broodnodig het.)

* Geheuestokkies is goed vir korttermyn gebruik om bv. die data van een rekenaar na 'n ander oor te plaas, maar word nie aanbeveel vir langtermyn rugsteun nie.

Wanneer jy klaar is, klik op Save. Die venster sal toemaak en jy sal terugkeer na die Pasmaak Rugsteun venster. Jy sal die huidige pad en die Data rugsteunlęernaam onder die knoppie sien.

4. Indien jy ook die multimedialęers wil rugsteun (dit is slegs daardie lęers wat aan individue of iets in jou familielęer gekoppel is), klik op die Kies Naam en Plek vir Multimedia Rugsteun knoppie en dui aan waar jy die rugsteun wil skep. Weereens, dui in die naam aan dat dit die rugsteun vir die Multimedialęers is. As voorbeeld "Pompies Multimedialęers - 20091213". (Sien 6 hier onder.)

Wanneer jy klaar is, klik op Save. Die venster sal toemaak en jy sal terugkeer na die Pasmaak Rugsteun venster. Jy sal die huidige pad en die Multimedia rugsteunlęernaam onder die knoppie sien.

5. Om die rugsteun te begin, klik op die Rugsteun knoppie aan die onderkant van die Pasmaak Rugsteun venster. Legacy maak al die nodige lęers bymekaar en kompakteer hulle in 'n .zip-lęer in die gekose plek(ke).

6. Dit is raadsaam om nie slegs die datum nie, maar ook die tyd van die rugsteun in die lęernaam in te sluit. Soms is dit nodig om meer as een rugsteun op 'n dag te maak. Deur die tyd van die rugsteun ook in die naam in te sluit, kan daar tussen die verskillende rugsteun kopieë onderskei word. Om hierdie inligting maklik in die naam in te sluit, het Legacy 'n funksie om dit outomaties vir jou te doen.
Klik op die Opsies... knoppie aan die onderkant van die venster. Twee moontlikhede sal verskyn:

• Plaas die Datum aan die einde van die verstek rugsteunlęernaam
• Plaas die Tyd aan die einde van die verstek rugsteunlęernaam
Klik op die verlangde funksie. 'n Regmerkie sal teenoor die funksie verskyn en die betrokke inligting sal aan die einde van die gekose lęernaam bygevoeg word.
[Terug na bo]


Hoe om 'n Legacy Familielęer te herstel vanaf 'n rugsteun kopie

  1. Klik op Lęer > Herstel Familielęer... op die Kieslys. Indien jy 'n boodskap kry "Alle Familielęers moet gesluit word voordat jy 'n Herstel uitvoer. Wil jy nou alle Familielęers sluit?", klik op Yes.
     
     
     
     
     
  2. Die Kies 'n Gerugsteunde Familielęer om te Herstel venster sal verskyn.
     
     
     
     
     
  3. Wysig die pad om te wys na waar die gerugsteunde lęer gehou word. Dit kan na 'n eksterne hardeskyf wees, of 'n geheuestokkie, of 'n kompakskyf, of waar ookal die lęer gehou word. Verhelder die naam van die lęer wat herstel moet word en klik op die Open knoppie.
     
     
     
     
     
     
  4. Die Verskaf 'n Naam om die Familielęer te Herstel as venster sal verskyn.
     
  5. Spesifiseer op die Verskaf 'n Naam om die Familielęer te Herstel as venster die pad en vouer se naam waar die herstelde familielęer geplaas moet word. Dit word aan die bokant van die venster gedoen. Vervolgens spesifiseer die naam van die nuwe familielęer wat geskep gaan word (aan die onderkant van die venster; dit is reeds verskaf, maar jy kan dit wysig). Klik nou op Save.
 
 
 
 
 
 

Klik hier vir oplossings (in Engels) vir Rugsteun probleme.
[Terug na bo]


Hoe om 'n Legacy Multimedialęer te herstel vanaf 'n rugsteun kopie

Die prosedures hoe om multimedialęers te herstel is soortgelyk aan hoe om multimedialęers tussen rekenaars oor te dra. Die nodige stappe kan jy kry by: Skuif Multimedialęers tussen Rekenaars.
[Terug na bo]


Rugsteun Wenke en Aanwysers

  • Wanneer jy na CD-RW wil rugsteun, sal dit soms nodig wees om eers 'n rugsteun na die rekenaar se hardeskyf te maak en dan die program te gebruik wat saam met die CD-skrywer gekom het om die lęer na die kompakskyf te skryf. Jy sal 'n boodskap kry dat jy nie gemagtig is om direk na die kompakskyf te skryf nie.
  • Rugsteun jou familielęer gereeld. Ontwikkel 'n roetine en hou daarby. Rugsteun elke keer wat jy wysigings in jou familielęer aanbring, ongeag hoe gering dit ookal mag wees.
  • Wanneer jy 'n rugsteun maak, moenie dit op dieselfde plek plaas as waar jou familielęer is nie. As die betrokke dryf die gees gee is beide jou familielęer en jou rugsteun tegelyk daarmee heen.
  • Gebruik 'n goeie kwaliteit rugsteun medium. Alhoewel diskette goedkoop is, is hulle geneig om te faal. Oorweeg eerder verskeie soorte verwyderbare media soos eksterne hardeskywe, magneetband of CD-RW.
  • Maak meer as een rugsteun van dieselfde data. Rugsteun jou data en maak dan nog kopieë daarvan op 'n ander medium. Roteer tussen twee of drie stelle rugsteun vir groter veiligheid.
  • Baie van ons hou ons rugsteun byderhand — in 'n plastiese houer reg langs ons rekenaar. Indien jou huis deur 'n brand verwoes word of enige ander soort katastrofe jou tref, is die kanse baie goed dat jy alles gaan verloor. Hou dus jou rugsteun op 'n fisiese ander plek as waar jou werkplek is.
    (Die kanse is skraal dat soiets jou mag tref, maar jy gaan nie as gevolg daarvan jou huisversekering kanselleer nie, of gaan jy?)
  • Meeste vuurbestande kluise word vir 'n redelike hoë temperatuur vir 'n uur gewaarborg. Papier kan hitte langer weerstaan as magnetiese media wat van plastiek gemaak is, of ander tipes materiaal wat kan skeeftrek of kan smelt. Belę eerder in 'n kluis by jou plaaslike bank en gebruik dit om jou rugsteun in te stoor.
  • Doen gereeld 'n herstel van jou rugsteun om te verseker dat dit wel korrek werk. Moenie vir 'n noodgeval wag om uit te vind dat jou rugsteun nie werk nie!
  • Gebruik anti-virus programmatuur en hou dit op datum (anti-virus programmatuur maatskappye wat die toon aangee, stel bywerkings op 'n gereelde basis vry). Skandeer gereeld jou rekenaar om te verseker dat jou rekenaar vry is van virusse. Skandeer ook jou rugsteun kopieë. Onthou, virusse en wurms kan hulself op jou rugsteun kopieër en dan jou hardeskyf gedurende 'n Herstel besmet en sodoende nog 'n verdere ramp veroorsaak.
  • Alhoewel dit 'n saak van mindere belang is, maak seker dat jou Kliëntenommer iewers by jou rugsteun medium verskyn. Op hierdie wyse sal dit die taak vergemaklik indien jy die Legacy program op 'n nuwe rekenaar moet herinstalleer en jou familielęer moet herstel. Onnodige vertragings kan daardeur uitgeskakel word. Hou ook 'n rugsteun van jou hele stelsel byderhand vir so 'n noodgeval.
  • Wanneer jy aan jou rugsteun 'n naam toeken, oorweeg dit om die familienaam daarin op te neem asook die datum daarvan, bv. "Pompies-familiedata-20100616.zip" of "Pompies-Multimedia-20100616.zip". Op hierdie manier sal jy presies weet wat die rugsteun bevat en wanneer dit geskep was.
  • Gee jou data gereeld aan ander lede van jou familie. Indien jy ooit probleme ondervind om jou data te herstel is die kanse goed dat jy by hierdie familielid 'n rugsteun mag kry wat sal werk.
  • Wanneer jy 'n naam aan die lęer toeken is dit nie nodig om die .zip uitbreiding ook te gee nie. Die program sal dit outomaties vir jou doen.
  • Zip-drywers en zip-lęers (*.zip) moet nie met mekaar verwar word nie. Dit is blote toeval dat hul eenders klinkende name het. Jy kan natuurlik 'n zip-lęer (rugsteunlęer) op 'n Zip-drywer stoor net soos jy dit op enige ander drywer sou stoor.
  • Wanneer jy jou familielęer rugsteun, moenie die disket of kompakskyf uithaal voordat jy die Legacy program afgesluit het nie. Dit sal voorkom dat jy die fatale fout Read past end of file ondervind. Jy moet Legacy afsluit wanneer jy na 'n ander medium as hardeskyf (of ekwivalent) rugsteun.
  • Indien Legacy probleme ondervind om 'n rugsteun te maak of te herwin, probeer die program WinZip self.
  • Skep 'n Moontlike Problemeverslag en korrigeer al die aangeduide moontlike probleme. Doen dan 'n Lęerinstandhouding > Kontroleer/Herstel op jou familielęer voordat jy rugsteun.
    Lęerinstandhouding sal die grootte van jou lęer verminder deur weggesmyte inligting te verwyder en die res van die data te kompakteer. Die resultaat is 'n kleiner lęer om te rugsteun met 'n gevolglike kleiner risiko van moontlike probleme in die data.
  • Aksies soos die samevoeging, verwydering van rekords en lęerinstandhouding sal die grootte van jou familielęer verminder. Dit is die rede hoekom dit een dag moontlik drie diskette benodig om 'n rugsteun te skep, terwyl dit die volgende keer slegs twee benodig. Om nie bestaande lęers op diskette te verwyder nie, sal ook 'n effek hę hoeveel diskette benodig mag word om jou rugsteun te maak.

  • [Terug na bo]

Rugsteun Probleme en Fout Boodskappe

  • Die mees algemene rede vir rugsteun probleme is die feit dat mense vergeet om die uitsetpad te wysig (wanneer na bv. kompakskyf of geheuestokkie gerugsteun word). Indien hierdie wysiging nie gedoen word nie sal die rugsteun op die hardeskyf geplaas word en nie op die verwagte medium nie.  Die gevolg is dat wanneer jy na jou rugsteun wil kyk, sal daar geen rugsteun wees nie!

Indien jy 'n Windows XP gebruiker is, kan jy vir 'n rugsteunlęer op jou rekenaar soek deur op Start op jou rekenaar se Lessenaarblad (Desktop) te klik. Kies hierna Search op die kieslys.
(Jy kan ook regs-klik op Start, dan op Explore.)
Die Start Menu venster vir Windows Explorer sal open. Klik op die Search ikoon aan die bokant van die venster (die een met die vergrootglas). Onder What do you want to search for aan die linkerkant, klik op Documents (word processing, spreadsheet, etc.). Tik *.zip in die kassie by All or part of the document name. Klik vervolgens op Search.
Die rekenaar sal nou vir alle lęers soek wat eindig op .zip en al die name in 'n lys plaas. Maak 'n nota waar al jou Legacy rugsteunlęers is sodat jy 'n herstel daarvandaan kan doen.
(Gebruikers van ander Windows bedryfstelsels sal 'n soortgelyke prosedure kan volg.)

  • Rugsteun Fout - "Out of disk space".
    Skrap die inhoud van die C:\Windows\Temp vouer en probeer weer.
  • Kompakskyf probleme.
    Jy moet die programmatuur gebruik wat jy saam met die CD-RW kompakskyf skrywer gekry het om rugsteunlęers vanaf die hardeskyf na kompakskywe te skryf.
  • Legacy kan nie die rugsteunlęer sien nie.
    Kontroleer die pad na die lęer. Gebruik My Computer of Windows Explorer om die lęers op die betrokke medium te sien. Die rugsteunlęer se naam eindig met 'n .zip uitbreiding. Indien 'n lęer met so 'n .zip-uitbreiding nie gesien kan word nie, dan is daar geen rugsteunlęer op daardie betrokke medium nie.
  • Read past end of file error.
    Hierdie fout kom voor wanneer die rugsteunmedium verwyder word voordat Legacy afgesluit word. Die oplossing hiervoor is om 'n nuwe rugsteun te maak en die medium in die rekenaar te los tot nadat Legacy afgesluit het. Jy moet Legacy afsluit met elke rugsteun wat jy na so 'n medium maak.
  • Jy is nie gemagtig om die lęer oop te maak nie.
    Klik hier vir meer inligting (in Engels) omtrent probleme uniek tot kompakskywe.
  • Ander foute.
    In baie rare gevalle mag die Legacy program self beskadig wees wat tot gevolg mag hę dat geen rugsteun gemaak kan word of dat 'n rugsteun nie herstel kan word nie. Herinstalleer die Legacy program wat dan die fout moontlik sal regstel. Verwyder ook die inhoud van die C:\Windows\Temp vouer asook alle lęers wat met die .usr uitbreiding in die vouer is waar jou Legacy program geïnstalleer is. Begin dan die program en probeer weer.

  • [Terug na bo]

Datum bygewerk: 11 Julie 2010