Legacy Box

Skuif Multimedialęers tussen Rekenaars

Om 'n multimedia rugsteunlęer te maak (.zip-lęer) en dit dan te herstel (onttrek of "unzip") is die beste manier om multimedialęers (beeld-, klank-, video- en dokumentlęers) wat aan items in jou familielęer gekoppel is, van een rekenaar na 'n ander oor te dra. Maak doodeenvoudig 'n rugsteun op die een rekenaar en "unzip" dit op die tweede rekenaar.

Wanneer jy 'n Legacy familielęer of 'n GEDCOM-lęer vir iemand gee, moet jy in elk geval ook die multimedialęers as 'n aparte lęer vir die persoon gee. 'n Multimedia rugsteunlęer is dus die aangewese manier om dit te doen.

Rugsteun Multimedialęers

'n Gewone familie rugsteunlęer sluit nie multimedialęers in nie omdat Legacy nie sulke lęers in die databasis insluit nie. Legacy stoor slegs 'n koppeling na die posisie waar die werklike lęer gehou word. Hierdie multimedialęers moet dus apart gerugsteun word.

Volg die instruksies om slegs jou multimedialęers te rugsteun soos uiteengesit in Rugsteun met Legacy 7.4.

Alternatiewelik kan jy, wanneer jy Legacy afsluit, 'n rugsteun van beide jou familielęer en jou multimedialęers maak.  Maak net seker dat jou multimedia rugsteunlęer 'n ander naam het as jou familie rugsteunlęer. As jy dieselfde naam kies, sal die multimedia rugsteunlęer die familie rugsteunlęer oorskryf. (Vanaf Legacy 7.4 word verstekname verskaf om hierdie twee tipes rugsteunlęers van mekaar te onderskei.)

Herstel Multimedialęers

Die Legacy program het (nog) nie 'n nutsprogram wat 'n multimedia rugsteunlęer kan herstel (unzip) nie. Gevolglik kan 'n multimedia rugsteunlęer nie op dieselfde wyse herstel word as 'n familie rugsteunlęer nie.  Indien jou rekenaar die Windows XP of Vista bedryfstelsels het, hoef jy slegs die kompakskyf of geheuestokkie met jou rugsteunlęer in die rekenaar te plaas en die Onttrek Ghoeroe te gebruik wat saam met Windows of Vista kom.

  1. Luilees na die verlangde multimedia rugsteunlęer en regs-klik daarop. Klik dan op Extract All... op die opwip kieslys.
  2. Die Onttrek Ghoeroe sal open. Klik hier op die Next knoppie.
  3. In die volgende venster tik C:\ as die vouer waar die multimedialęers na onttrek moet word en klik daarna op die Next knoppie.
  4. Wanneer jy jou multimedialęers herstel, onttrek hul net na C:\ (of andersins die letter van die aandrywer waar jou multimedialęers oorspronklik gehou was). Dit sal verseker dat al jou multimedialęers se paaie behoue bly sodat Legacy hierdie lęers weer kan vind. As jy die lęers na 'n ander posisie op die rekenaar onttrek, sal Legacy hulle nie later kan vind nie omdat die onttrekkingsposisie relatief tot die vouer is wat jy kies as die aanvangspunt.

Indien Windows XP of Vista nie op jou rekenaar geïnstalleer is nie, dan het jy 'n program soos WinZip nodig om jou multimedia rugsteunlęer te herstel. Besoek om 'n kopie van die program af te laai.

Belangrik:

  • Die multimedia rugsteun sal slegs daardie beeld-, klank-, video- en dokumentlęers bevat wat in jou familielęer aan individue of ander items, soos Gebeurtenisse, Bronne, ens., gekoppel is.
  • As jy meer as een familielęer het met gekoppelde multimedialęers, sal hierdie lęers apart gerugsteun moet word.
  • Indien jy addisionele lęers het wat nie aan iets in die Legacy databasis gekoppel is nie, sal hierdie lęers nie by die rugsteun ingesluit word nie, al is hulle ook in dieselfde vouer as waar al die ander multimedialęers gehou word.
    Dit word dus aanbeveel dat jy met behulp van Winzip 'n rugsteun maak van die vouer/vouers wat al jou multimedialęers bevat. Op hierdie wyse sal ook daardie lęers wat nie op een of ander manier aan 'n item in een van die databasisse gekoppel is nie, ook op hierdie rugsteun beland.

Meeste mense skep minder dikwels multimedialęers as wat hulle wysigings aan hul familiedata aanbring. Jy hoef dus jou multimedialęers slegs te rugsteun wanneer jy nuwe beeld-, klank-, video- of dokumentlęers aan items in jou familielęer gekoppel het.

Dis raadsaam om die Legacy Family Tree Video Training Series - Volume 2 aan te skaf. Hierdie stel bevat die kompakskyf: Picturing your Legacy: A Video Guide to Working with Digital Pictures in Legacy. Besoek hiervoor die Legacy aanlyn-winkel.

Jy kan addisionele inligting (in Engels) kry omtrent rugsteun en herstel van lęers en hoe om met beeldlęers in Legacy te werk by Multimedia File Backup and File Restoration  en  Legacy Family Tree and Pictures, Sound and Video.