
Legacy-Afrikaans Gebruikersgroep
Klik op Legacy-Afrikaans Gebruikersgroep om óf by die groep van Legacy gebruikers aan te sluit óf daaruit te onttrek.
Die voordeel daaraan verbonde om by die groep aan te sluit is dat jy met ander lede van die groep asook lede van die Afrikaanse Vertaalspan kan kommunikeer. Op hierdie lys kan jy:
- om hulp vra indien jy enige probleme met Legacy ondervind
- foute aanmeld wat jy in die program ontdek
- voorstelle maak vir moontlike implementering deur die ontwikkelaars
- inligting ontvang oor nuwe vrystellings
- ingelig word oor vele ander sake rakende Legacy
Jy word vriendelik versoek om die pos-lys slegs vir doeleindes van Legacy te gebruik en jou daarvan te weerhou om enige ander sake wat niks met Legacy te make het, op hierdie lys te bespreek of aan te roer nie.
Na aansluiting sal jy per e-pos verdere instruksies ontvang wat jy verder moet doen.
Datum bygewerk: 14 Julie 2010