
Die Afrikaanse Voorvrystellingsweergawe van Legacy 6
Let wel: hierdie is die finale weergawe van Legacy 6 (weergawe 190) - geen nuwer weergawes van Legacy 6 gaan vrygestel word nie, aangesien Legacy 7 reeds vrygestel is. Legacy 7 kan hier afgelaai word.
Belangrik: Ons beveel aan dat jy asseblief eers hierdie hele bladsy sal deurlees voordat jy die Voorvrystellingsweergawe van Legacy 6 aflaai en installeer
Hierdie webwerf is nie bedoel vir persone wat met die amptelike (Engelse) uitgawe van Legacy 6 wil werk nie, maar wel vir diegene wat graag met die Afrikaanse Voorvrystellingsweergawe oftewel Publieke Toetsweergawe wil werk. Daar word beplan om internasionale weergawes van Legacy vry te stel vir 'n hele aantal tale, waaronder Afrikaans. Daar is egter nog een of twee funksies wat ons graag in die vertaalde weergawes wil sien voordat ons die vertaalde programme amptelik vrystel. Hierdie funksies beïnvloed geensins die werking van hierdie uitgawe nie. Behalwe hiervoor is die Voorvrystellingsweergawe dus net so stabiel as die amptelike Engelse weergawe, en het dit slegs ekstra meertalige moontlikhede.
Aangesien ons graag die program so goed as moontlik wil afrond voordat ons dit amptelik vrystel, sal ons dit baie waardeer indien jy vir ons sal aanmeld as 'n Publieke Toetser en dan sal deelneem aan die toetsproses van die Afrikaanse Voorvrystellingsweergawe van Legacy sodat ons die program as 'n mooi afgeronde produk kan vrystel.As jy alreeds 'n ouer weergawe van Legacy op jou rekenaar het (byvoorbeeld weergawe 4 of 5), dan is dit, om veilig te speel, altyd verstandig om eers rugsteunkopieë van al jou familielęers te maak voordat jy hierdie weergawe aflaai. Jy moet in elk geval 'n afsonderlike gids ("directory") vir hierdie voorvrystellingsweergawe skep onder jou C-skyf (byvoorbeeld C:\LegacyPre6). Dit is soms verwarrend om twee weergawes van die program op jou rekenaar te hę, en dus sou ons jou aanraai om, sodra jy voldoende vertroue in die werking van die nuwe weergawe het, en nie meer regtig die ouer weergawe gebruik nie, eerder die ouer weergawe van jou rekenaar te verwyder (sien hieronder vir aanwysings).
As jy reeds die Engelstalige "General Release" weergawe 6 op jou rekenaar geïnstalleer het, dan moet jy eers die "General Release" weergawe verwyder, aangesien die Afrikaanse Voorvrystellingsweergawe, en die Engelse "General Release" van weergawe 6 nie saam kan funksioneer nie. Dit veroorsaak probleme met bywerkings ("updates"). Voordat jy die "General Release" verwyder is dit ook weereens 'n goeie idee om altyd rugsteunkopieë van al jou familielęers te maak.
Belangrik!
Windows 98 gebruikers
Legacy 6 werk wel (alhoewel miskien stadiger) op sommige rekenaars met Windows 98 as bedryfstelsel.
Die werking van Legacy onder hierdie bedryfstelsel is egter baie afhanklik van die
rekenaar se apparatuur (hardeware) en programmatuur (sagteware). Alvorens jy die Deluxe
weergawe aanskaf, sal dit raadsaam wees om eers die Standaard weergawe te installeer en
seker te maak dat dit bevredigend onder die Windows 98 bedryfstelsel op jou rekenaar werk.
Wenk: Moenie Legacy 5 van jou rekenaar verwyder alvorens jy absoluut seker is dat die
vrystelling van Legacy 6 goed werk nie (bewaar dus jou Legacy 5 kliëntenommer indien jy een het).
Die verwydering van 'n Legacy installasie
Indien jy dit nodig vind om een van die Legacy weergawes te verwyder, moet jy dit beslis NIE op die Windows manier doen om programme te verwyder nie. In so 'n geval word soms ook lęers verwyder wat ander weergawes van Legacy gebruik. Jy sal sulke lęers dus weer opnuut moet installeer.
Om 'n enkele weergawe van die Legacy program te verwyder moet jy die UNWISE.EXE nutsprogram gebruik. Jy kry hierdie program in dieselfde gids as waarin die Legacy weergawe is wat jy wil verwyder. Hierdie program bied jou drie opsies waaruit jy kan kies: 'Automatic', 'Custom' en 'Repair'.
Volg die volgende stappe ten einde die betrokke program te verwyder:
- Dubbel-klik op die Unwise.exe lęer/ikoon in die betrokke gids (bv. C:\Legacy6).
- Kies die Custom-opsie en klik op die Next > knoppie.
- In die volgende skerm klik op die Select All knoppie en dan op die Next > knoppie.
Dit sal al die programlęers wat nie nodig is nie, later verwyder. - Die volgende skerm vertoon 'n aantal Windows\System32 lęers. Klik op die Select None knoppie en dan op die Next > knoppie.
Hierdie lęers word ook deur ander weergawes van Legacy gebruik. MOET DIT NIE VERWYDER NIE! - In die derde skerm klik op die Select All knoppie en dan op die Next > knoppie.
Dit sal al die onnodige gidse later verwyder. - In die daaropvolgende skerm klik op die Select All knoppie en dan op die Next > knoppie.
Dit sal al die onnodige inskrywings in die 'Registry' later verwyder. - Indien jy absoluut seker is dat jy die program wil verwyder, klik dan laastens op die Finish knoppie.
Maak eers 'n Rugsteunkopie van al jou data voordat jy 'n bywerking installeer!
As jy al voorheen met Legacy gewerk het en dus 'n familielęer gemaak het, behoort jy gereeld jou data te beveilig deur 'n rugsteunkopie daarvan te maak. Jy doen dit deur in Legacy in die kieslys op "Lęer" ("File") en dan "Rugsteun Familielęer..." ("Backup Familyfile...") te klik, en wanneer die rugsteun klaar gemaak is, daarna op "Rugsteun Multimedialęers..." ("Backup Multimedia Files...") te klik. Legacy vra vir jou 'n naam vir die rugsteunlęer en dit word dan as 'n ziplęer in die vouer "...\Data" in jou Legacy gids, gestoor. Dit is ook slim om 'n kopie op 'n ander plek (soos op 'n CD of ander bergingsvorm) te bewaar.
Dit is 'n goeie gewoonte om gereeld rugsteunkopieë van jou data te maak en ook op ander plekke te bewaar - talle persone het al trane en frustrasie deurgegaan oor jare se data wat in 'n oogwink deur 'n "rekenaarglipsie" vernietig is!
Die volgorde van installering is afhanklik van jou spesifieke situatie:
As jy probleme het met die installasie, kan jy om hulp vra in die Publieke Toetsgroep Klik op die skakel Legacy6Setup-28-02-2008.exe om die laaste weergawe van Legacy 6 af te laai. Let wel! Hierdie is die finale weergawe van Legacy 6 (weergawe 190) - geen nuwer weergawes van Legacy 6 gaan vrygestel word nie, aangesien
Legacy 7 reeds vrygestel is. Legacy 7 kan hier afgelaai word. Let wel! Moet asseblief nie die "Bywerkings" funksie op die "Legacy Tuis" venster in Legacy 6
Voorvrystellingsweergawe gebruik om hierdie Voorvrystellingsweergawe by te werk nie.
Dit veroorsaak somtyds probleme. Kom kyk eerder weer op hierdie bladsy van ons webwerf vir die nuutste voorvrystellingsweergawe
en laai dit saam met die taallęer (sien hieronder) van hierdie webblad af.
Om die program in Afrikaans te laat funksioneer, benodig jy 'n taallęer wat
met die program gesinchroniseer is. Indien die program en die taallęer nie van
dieselfde vrystelling is nie, sal die program 'n foutboodskap gee sodra dit
begin. Dit is `n goeie idee om maar altyd ook die nuutste taallęer vanaf hierdie webwerf af te laai as jy `n nuwe weergawe
van die Voorvrystellingsweergawe van Legacy aflaai, om seker te maak dat jy die nuutste vertalings het. Klik op die skakel Legacy6Alt-version190.zip om die nuutste taallęer af te laai.
Hierdie lęer is ongeveer 5.3Mb groot. Indien die program gedurende installasie vir `n
wagwoord ("password") vra, vul dan die woord family (in kleinletters!) in.
Indien jy `n
Legacy Deluxe kliëntenommer het (m.a.w. jy het reeds die Deluxe uitgawe aangekoop), kan jy dit gebruik om die ekstra
funksies in die Voorvrystellingsweergawe van Legacy 6
te ontsluit. Legacy gebruik net een nommer vir beide die "General Release" en Voorvrystellingsweergawe,
en dus kan jy jou nommer van die Engelstalige Legacy 6 Deluxe "General Release" ook vir die
voorvrystellingsweergawe gebruik. In Legacy, gaan na "Help" in die kieslys, en voer jou kliëntenommer in om
die Standaardweergawe om te skakel na die Deluxe weergawe. Soos hierbo genoem, mag die Afrikaanse publieke toetsweergawe (voorvrystellingsweergawe) en die
Engelstalige "General Release" weergawe nie saam geïnstalleer word nie, aangesien dit probleme
veroorsaak omdat die rekenaar dit as dieselfde program sien.
Indien jy graag om één of ander rede heeltemaal terug wil gaan na die Engelstalige "General Release" weergawe van Legacy 6,
volg dan die volgende instruksies (let wel, soos hierbo genoem, dat jy ook in Engels in die Voorvrystellingsweergawe kan werk,
en dit is dus glad nie nodig om die "General Release" te herinstalleer net om in Engels te kan werk nie):
Prosedure vir Installering
Vir diegene wat nog nie die Voorvrystellingsweergawe van Legacy 6 geïnstalleer het nie.
Vir diegene wat alreeds die Voorvrystellingsweergawe van Legacy 6 geïnstalleer het
Volledige installasie van Legacy 6 Voorvrystellingsweergawe 190, datum: 28
Februarie 2008 , lęergrootte: 33.7 Mb
Aflaai van die Afrikaanse Taallęer vir die Voorvrystellingsweergawe van Legacy
Wanneer die proses vra waar om die lęer
te plaas, plaas dit dan in die gids waar jou program geïnstalleer is, of
geïnstalleer gaan word.
Let wel! Indien Legacy in Engels begin, soek dan in die Kieslys onder "Opsies"
vir "Kies Taal..." en klik op "Afrikaans". Open dan weer die program en dit sal nou in Afrikaans vertoon. Indien jy dit
later weer wil verander na `n ander taal, dan kies jy net weer die ander taal op dieselfde manier.
Omskakeling van die Standaard weergawe van Legacy na die Deluxe weergawe
Hierna sal Legacy as
die gewone Engelstalige "General Release" program begin en moet jy in die vervolg dan ook weer die "updates" soos in die
verlede vanaf die Engelstalige website www.legacyfamilytree.com aflaai. Let Wel: Al jou persoonlike instellings
sal ook verwyder wees en jy sal dus weer hierdie opsies moet instel onder "Opsies", "Pasmaak".
LegacyPrerelease.ini
LegacyAlt.lng
*.usr (Alle lęers met die uitbreiding .usr moet verwyder word)
Baie dankie dat jy die Afrikaanse Voorvrystellingsweergawe van Legacy gekies het om jou familienavorsing te orden.
Ons wens jou alle voorspoed toe met die navorsing !