Legacy Box

Die Afrikaanse Publieke Toetsweergawe van Legacy 7

Belangrik: Ons beveel aan dat jy asseblief eers hierdie hele bladsy sal deurlees voordat jy die Publieke Toetsweergawe van Legacy 7 aflaai en installeer

Hierdie webwerf is nie bedoel vir persone wat met die amptelike (Engelse) uitgawe van Legacy 7 wil werk nie, maar wel vir diegene wat graag met die Afrikaanse Publieke Toetsweergawe wil werk. Daar word beplan om internasionale weergawes van Legacy vry te stel vir 'n hele aantal tale, waaronder Afrikaans. Daar is egter nog een of twee funksies wat ons graag in die vertaalde weergawes wil sien voordat ons die vertaalde programme amptelik vrystel. Hierdie funksies beïnvloed geensins die werking van hierdie uitgawe nie. Ons is egter hard aan die werk om hierdie en ander nuttige funksies beskikbaar te stel. Behalwe hiervoor is die Publieke toetsweergawe dus net so stabiel as die amptelike Engelse weergawe, en het dit slegs ekstra meertalige moontlikhede.

Aangesien ons graag die program so goed as moontlik wil afrond voordat ons dit amptelik vrystel, sal ons dit baie waardeer indien jy vir ons sal aanmeld as 'n Publieke Toetser en dan sal deelneem aan die toetsproses van die Afrikaanse Publieke toetsweergawe van Legacy sodat ons die program as 'n mooi afgeronde produk kan vrystel.

As jy alreeds 'n ouer weergawe van Legacy op jou rekenaar het (byvoorbeeld weergawe 4, 5 of 6), dan is dit, om veilig te speel, altyd verstandig om eers rugsteunkopieë van al jou familielęers te maak voordat jy hierdie weergawe aflaai. Jy moet in elk geval 'n afsonderlike gids ("directory") vir hierdie Publieke Toetsweergawe skep onder jou C-skyf (byvoorbeeld C:\LegacyPre7). Dit is soms verwarrend om twee weergawes van die program op jou rekenaar te hę, en dus sou ons jou aanraai om, sodra jy voldoende vertroue in die werking van die nuwe weergawe het, en nie meer regtig die ouer weergawe gebruik nie, eerder die ouer weergawe van jou rekenaar te verwyder (sien hieronder vir aanwysings).

As jy reeds die Engelstalige "General Release" weergawe 7 op jou rekenaar geïnstalleer het, dan moet jy eers die "General Release" weergawe verwyder, aangesien die Afrikaanse Publieke Toetsweergawe, en die Engelse "General Release" van weergawe 7 nie saam kan funksioneer nie. Dit veroorsaak probleme met bywerkings ("updates"). Voordat jy die "General Release" verwyder is dit ook weereens 'n goeie idee om altyd rugsteunkopieë van al jou familielęers te maak.

 

Belangrik!

Die verwydering van 'n Legacy installasie

Indien jy dit nodig vind om een van die Legacy weergawes te verwyder, moet jy dit beslis NIE op die Windows manier doen om programme te verwyder nie. In so 'n geval word soms ook lęers verwyder wat ander weergawes van Legacy gebruik. Jy sal sulke lęers dus weer opnuut moet installeer.

Om 'n enkele weergawe van die Legacy program te verwyder moet jy die UNWISE.EXE nutsprogram gebruik. Jy kry hierdie program in dieselfde gids as waarin die Legacy weergawe is wat jy wil verwyder. Hierdie program bied jou drie opsies waaruit jy kan kies: 'Automatic', 'Custom' en 'Repair'.

Volg die volgende stappe ten einde die betrokke program te verwyder:

Op hierdie wyse sal slegs die verlangde weergawe verwyder word, maar nie die dll-lęers wat vir ander weergawes van Legacy benodig word nie.

Maak eers 'n Rugsteunkopie van al jou data voordat jy 'n bywerking installeer!

As jy al voorheen met Legacy gewerk het en dus 'n familielęer gemaak het, behoort jy gereeld jou data te beveilig deur 'n rugsteunkopie daarvan te maak. Jy doen dit deur in Legacy in die kieslys op "Lęer" ("File") en dan "Rugsteun Familielęer..." ("Backup Familyfile...") te klik, en wanneer die rugsteun klaar gemaak is, daarna op "Rugsteun Multimedialęers..." ("Backup Multimedia Files...") te klik. Legacy vra vir jou 'n naam vir die rugsteunlęer en dit word dan as 'n ziplęer in die vouer "...\Data" in jou Legacy gids, gestoor. Dit is ook slim om 'n kopie op 'n ander plek (soos op 'n CD of ander bergingsvorm) te bewaar.

Dit is 'n goeie gewoonte om gereeld rugsteunkopieë van jou data te maak en ook op ander plekke te bewaar - talle persone het al trane en frustrasie deurgegaan oor jare se data wat in 'n oogwink deur 'n "rekenaarglipsie" vernietig is!

 

Prosedure vir Installering

Die volgorde van installering is afhanklik van jou spesifieke situatie:

Vir diegene wat nog nie die Publieke Toetsweergawe van Legacy 7 geïnstalleer het nie.

  1. Laai die nuutste weergawe van Legacy af deur op die skakel hieronder by "Volledige installasie..." te klik.
  2. Voer die afgelaaide program uit deur daarop te dubbelklik.
  3. Die installasieprogram sal vra in watter taal jy die installasie wil doen. Kies "Afrikaans" (alhoewel jy enige taal kan kies aangesien dit nie `n verskil aan die installasie sal maak nie).
  4. Nou vra die installasieprogram na die plek waar Legacy gestoor moet word. Indien jy niks verander nie sal Legacy Publieke Toetsweergawe in die gids C:\Legacy gestoor word. Indien jy dit anders sou wou hę, byvoorbeeld as jy reeds `n ander weergawe van Legacy op jou rekenaar het, dan kan jy die regte posisie vir die installasie van die gids kies (bv. iets soos C:\LegacyPre7). Die Publieke Toetsweergawe van Legacy 7 kan egter nie saam met die Engelstalige weergawe 7 ("General Release") geïnstalleer word nie. Jy moet dus `n keuse maak en indien jy die Afrikaanse Publieke Toetsweergawe verkies, moet jy eers die Engelstalige "General Release" verwyder voordat jy die Publieke Toetsweergawe installeer. Let asseblief daarop dat jy wel tussen Afrikaans en Engels in die Publieke Toetsweergawe kan wissel, so jy verloor nie die opsie om ook in Engels te kan werk as jy slegs die Publieke Toetsweergawe gebruik nie
  5. Laai nou die Taallęer wat by die weergawe van die program pas hieronder af en installeer dit in die gids waar jou program geïnstalleer is.
  6. Let wel, voor jy die nuwe weergawe van Legacy kan gebruik moet jy altyd eers ook die regte Afrikaanse taallęer aflaai (sien hieronder). Indien jy dit nie doen nie sal jy `n waarskuwing kry dat jy `n ou weergawe van die taallęer het. Dan moet jy Legacy afsluit en `n nuwe weergawe van die taallęer van hierdie webwerf aflaai (sien hieronder), en in die Legacy gids plaas.
  7. As jy beide die program en die taallęer geïnstalleer het en alles het goed verloop, is jy nou slaggereed om te begin met jou nuwe Afrikaanse Publieke Toetsweergawe van Legacy! Let asseblief daarop dat die "Charting" of Grafika gedeelte van Legacy tans nog nie in Afrikaans vertaal is nie. Dit sal egter binnekort begin word.
  8. Die Afrikaanse Helplęer kan daarna ook van hierdie webwerf afgelaai word (sien help bladsy).

Vir diegene wat alreeds die Publieke Toetsweergawe van Legacy 7 geïnstalleer het

  1. Maak `n rugsteun van jou familielęer! (Sien hierbo).
  2. Sluit Legacy af.
  3. Laai nou die nuwe weergawe van Legacy af deur op die skakel hieronder by "Volledige installasie..." te klik.
  4. As jy die hele lęer afgelaai het, voer dit uit, en die nuwe weergawe sal outomaties oor die oue geskryf word.
  5. Laai nou die Taallęer wat by die weergawe van die program pas hieronder af en installeer dit in die gids waar jou program geïnstalleer is.
  6. Let wel, voor jy die nuwe weergawe van Legacy kan gebruik moet jy altyd eers ook die regte Afrikaanse taallęer aflaai (sien hieronder). Indien jy dit nie doen nie sal jy `n waarskuwing kry dat jy `n ou weergawe van die taallęer het. Dan moet jy Legacy afsluit en `n nuwe weergawe van die taallęer van hierdie webwerf aflaai (sien hieronder), en in die Legacy gids plaas.
  7. As jy beide die program en die taallęer geïnstalleer het en alles het goed verloop, is jy nou slaggereed om te begin met jou nuwe Afrikaanse Publieke Toetsweergawe van Legacy! Let asseblief daarop dat die "Charting" of Grafika gedeelte van Legacy tans nog nie in Afrikaans vertaal is nie. Dit sal egter binnekort begin word.
  8. Die Afrikaanse Helplęer kan daarna ook van hierdie webwerf afgelaai word (sien help bladsy).

    As jy probleme het met die installasie, kan jy om hulp vra in die Publieke Toetsgroep

 

Volledige installasie van Legacy 7 Publieke Toetsweergawe 45, datum: 10 Junie 2008 , lęergrootte: 48 Mb


Klik op die skakel Legacy7Setup-10-06-2008.exe om die nuutste weergawe van Legacy 7 af te laai.

Let wel! Moet asseblief nie die "Bywerkings" funksie op die "Legacy Tuis" venster in Legacy 7 Publieke Toetsweergawe gebruik om hierdie Publieke Toetsweergawe by te werk nie. Dit veroorsaak somtyds probleme. Kom kyk eerder weer op hierdie bladsy van ons webwerf vir die nuutste Publieke Toetsweergawe en laai dit saam met die taallęer (sien hieronder) van hierdie webblad af.

 

Aflaai van die Afrikaanse Taallęer vir die Publieke Toetsweergawe van Legacy

Om die program in Afrikaans te laat funksioneer, benodig jy 'n taallęer wat met die program gesinchroniseer is. Indien die program en die taallęer nie van dieselfde vrystelling is nie, sal die program 'n foutboodskap gee sodra dit begin. Jy moet altyd ook die nuutste taallęer vanaf hierdie webwerf aflaai as jy `n nuwe weergawe van die Publieke Toetsweergawe van Legacy aflaai, om seker te maak dat jy die nuutste vertalings het.

Klik op die skakel Legacy7Alt-10-06-2008.zip om die nuutste taallęer af te laai. Hierdie lęer is ongeveer 5.4Mb groot.
Wanneer die proses vra waar om die lęer te plaas, plaas dit dan in die gids waar jou program geïnstalleer is, of geïnstalleer gaan word. Onthou asseblief om die zip-lęer te ontzip in dieselfde vouer sodat die program die lęer kan gebruik.


Wagwoord

Indien die program gedurende installasie vir `n wagwoord ("password") vra, vul dan die woord legacy7 (in kleinletters!) in.  
Let wel! Indien Legacy in Engels begin, soek dan in die Kieslys onder "Opsies" vir "Kies Taal..." en klik op "Afrikaans". Open dan weer die program en dit sal nou in Afrikaans vertoon. Indien jy dit later weer wil verander na `n ander taal, dan kies jy net weer die ander taal op dieselfde manier.

 

Omskakeling van die Standaard weergawe van Legacy na die Deluxe weergawe

Indien jy `n Legacy Deluxe kliëntenommer het (m.a.w. jy het reeds die Deluxe uitgawe aangekoop), kan jy dit gebruik om die ekstra funksies in die Publieke Toetsweergawe van Legacy 7 te ontsluit. Legacy gebruik net een nommer vir beide die "General Release" en Publieke Toetsweergawe, en dus kan jy jou nommer van die Engelstalige Legacy 7 Deluxe "General Release" ook vir die Afrikaanse Publieke Toetsweergawe gebruik. In Legacy, gaan na "Help" in die kieslys, en voer jou kliëntenommer in om die Standaardweergawe om te skakel na die Deluxe weergawe.

 

Hoe om die Afrikaanse Publieke Toetsweergawe te verwyder en terug te keer na die Engelstalige "General Release" weergawe

Soos hierbo genoem, mag die Afrikaanse publieke toetsweergawe (Publieke Toetsweergawe) en die Engelstalige "General Release" weergawe nie saam geïnstalleer word nie, aangesien dit probleme veroorsaak omdat die rekenaar dit as dieselfde program sien. Indien jy graag om één of ander rede heeltemaal terug wil gaan na die Engelstalige "General Release" weergawe van Legacy 7, volg dan die volgende instruksies (let wel, soos hierbo genoem, dat jy ook in Engels in die Publieke Toetsweergawe kan werk, en dit is dus glad nie nodig om die "General Release" te herinstalleer net om in Engels te kan werk nie):

  1. In Legacy onder "Opsies", klik op "Kies Taal..." en kies dan "English - United States". Legacy word dan outomaties afgesluit.
  2. Open weer Legacy. Nou is die taal wat gebruik word Engels, en alles in die program sal in Engels vertoon word, behalwe die gedeeltes in jou familielęer wat jy in Afrikaans ingevoer het.
  3. Sluit Legacy af en verwyder dan self die volgende lęers uit die Legacy gids (BAIE BELANGRIK: MOET NIKS ANDERS AS HIERDIE LEERS VERWYDER NIE):
    LegacyPrerelease.ini
    Legacy7Alt.lng
    *.usr (Alle lęers met die uitbreiding .usr moet verwyder word)
Hierna sal Legacy as die gewone Engelstalige "General Release" program begin en moet jy in die vervolg dan ook weer die "updates" soos in die verlede vanaf die Engelstalige website www.legacyfamilytree.com aflaai. Let Wel: Al jou persoonlike instellings sal ook verwyder wees en jy sal dus weer hierdie opsies moet instel onder "Opsies", "Pasmaak".
Baie dankie dat jy die Afrikaanse Publieke Toetsweergawe van Legacy gekies het om jou familienavorsing te orden. Ons wens jou alle voorspoed toe met die navorsing !