Legacy Box

Afrikaanse Helplęer vir Legacy 7

 

Aflaai van die helplęer

Die Afrikaanse Helplęer vir Legacy 7 was laas op 25-05-2008 gewysig en is ongeveer 5.2 MB groot.

Die lęer kan hier afgelaai word.

Plaas die lęer in dieselfde vouer as waarin die Legacy program geïnstalleer is. Dubbel-klik daarna op die lęer sodat dit ontsluit kan word.

 

Aanmelding van (tik)foute in die helplęer

Let asseblief daarop dat die Helplęer voortdurend deur die ontwikkelaars van die program verander word en dus baiekeer steeds Engelse gedeeltes mag bevat. Daar word voortdurend aandag daaraan gegee om hierdie gedeeltes te vertaal. Wanneer jy sulke onvertaalde gedeeltes in die helplęer kry, of dalk enige ander foute, hoor ons graag van jou. Jy kan sulke foute by die Vertaalspan aanmeld.

Wanneer jy 'n fout aanmeld sal dit op prys gestel word as jy ook die verwysingsnommer van die bladsy met die fout sal aandui. Hierdie nommer verskyn heel links onderaan die bladsy. Hierdie nommer vergemaklik die taak om die betrokke fout op te spoor en reg te stel.

 


Datum bygewerk: 14 Julie 2010