Legacy Weergawe 7.5 - aflaai en installering.



Indien u reeds 'n ouer weergawe van Legacy op u rekenaar geïnstalleer het (byvoorbeeld weergawe 4, 5 of 6), dan is dit baie belangrik om eers 'n rugsteun van al u onderskeie familielêers te maak. Dit kan verder baie verwarrend wees om twee weergawes van Legacy op u rekenaar aan te hou.
U word dus aangeraai om die ouer weergawe van die program van u rekenaar te verwyder sodra u voldoende vertroud is met die werking van die nuwe een.



Stelselvereistes

Klik hier vir Stelselvereistes.
Terug



Belangrik! Windows 98 gebruikers

Legacy 7 werk baie stadig op sommige rekenaars wat onder Windows 98 se bedryfstelsel funksioneer. Op sulke rekenaars is die werking van Legacy baie afhanklik van die betrokke rekenaar se harde- en sagteware.
Dit sal dus verstandig wees om eers die Standaard Weergawe van Legacy 7.5 op u rekenaar te installeer. Toets die werking van die program onder beheer van Windows 98 om vas te stel of u tevrede is met die werkverrigting van die program. Indien u tevrede is, kan u die Deluxe Weergawe aanskaf en/of installeer.
Wenk: Moenie die vorige weergawe van Legacy van u rekenaar verwyder alvorens u seker is dat Legacy 7.5 bevredigend werk nie. (Bewaar u kliëntenommer van die vorige weergawe net ingeval u dalk later na daardie weergawe wil terugkeer. Ons vertrou dit sal nie nodig wees nie.)
Sien Help op die kiesbalk indien u dalk 'n vorige weergawe van die program weer wil aflaai, sou dit om watter rede ookal nodig mag wees.
Terug



Maak 'n rugsteun van u data voordat u 'n nuwe vrystelling gaan installeer!

Indien u alreeds met Legacy gewerk het en dus oor 'n familielêer of meer beskik, kan u dit bewaar deur 'n rugsteun van elk te maak. U doen dit deur op die kiesbalk op Lêer>Rugsteun Familielêer... te klik. Wanneer die rugsteun voltooi is, maak dan ook 'n rugsteun van al u Multimedialêers. Kies lêername wat sinvol is en bewaar hierdie lêers vir veiligheidshalwe in 'n spesiale vouer wat u vooraf vir hierdie doel geskep het. Legacy sal hierdie lêers in .zip-formaat bewaar. By verstek sal die lêers in die Legacy/Data vouer bewaar word wat behoue sal bly tydens die installering van enige nuwe vrystelling van Legacy. Bewaar ook 'n kopie van elk van hierdie lêers op 'n ander plek as naby of op u rekenaar.
U sal beslis nie die eerste persoon wees wat ure, dae en maande se harde werk in die niet sien verdwyn na een of ander "rekenaarongeluk" nie! Maak dus 'n gewoonte daarvan om u data te rugsteun en 'n kopie daarvan elders te bewaar!
Terug



Aflaai

Daar is twee maniere om die program op u rekenaar te installeer, afhangende daarvan of die program al voorheen geïnstalleer was aldan nie.
Indien die program nog nie voorheen geïnstalleer was nie, kies dan Volledige installasie tydens die aflaaiproses.
Wanneer die program egter alreeds op u rekenaar geïnstalleer is, lees dan eers die gedeelte Gebruikers wat Legacy tans op hul rekenaar geïnstalleer het voordat u die nuwe program aflaai.
Om die program af te laai, gaan dan na hierdie bladsy.
Terug



Installering

Lees ook Ondervind u probleme met die installering? laer af op hierdie blad (veral gemik op die gebruikers van Windows Vista of Windows 7).

Installering van die program is afhanklik van u betrokke situasie:


Gebruikers wat nog nie Legacy voorheen op hul rekenaar geïnstalleer het nie.

  1. Laai Legacy 7.5 af by hierdie bladsy.
  2. Installeer die program deur op die pas afgelaaide lêer Legacy7Setup.exe te dubbelklik.
  3. Die installeringsprogram sal na die plek vra waar Legacy geïnstalleer moet word. U kan kies om gewoon aan te gaan, waarna Legacy in die vouer C:\Legacy geïnstalleer sal word. Hierdie vouer sal outomaties geskep word indien dit nie reeds bestaan nie.
    (Indien u die program elders wil installeer omdat 'n ander weergawe moontlik alreeds op u rekenaar bestaan, dan het u die geleentheid om die naam van so 'n vouer te verskaf.)
    (Belangrik! Die installeringsprogram skep die vouer "C:\Legacy" outomaties. Wanneer u dus verkies dat die program bv in "D:\Legacy" geplaas moet word, spesifiseer dan die bestemming slegs as "D:\" en nie as "D:\Legacy" nie. In laasgenoemde geval sal die program in "D:\Legacy\Legacy\" geplaas word en dit sal u seker nie wil hê nie.)
  4. Wanneer die installeringsprogram klaar is, kan u met die Standaardweergawe in Afrikaans begin werk.
  5. Ons raai u aan om goed na die inhoud van die Helplêer te kyk. U kry baie lesse en wenke daar.
    Terug

Gebruikers wat Legacy tans op hul rekenaar geïnstalleer het:

  1. Maak 'n rugsteun van u Familielêer(s)! (Sien hierbo).
  2. U kan nou u Legacy weergawe bywerk via die Legacy Tuis duimgids in die Legacyprogram. U bestaande program sal gewysig word na die jongste weergawe met behulp van 'n "verkorte" prosedure. Dié prosedure laai slegs die gewysigde lêers af en sodoende word die ouer weergawes daarvan oorskryf. Dit is 'n vinnige metode wat vir gebruikers aanbeveel word. Indien u egter gedurende hierdie proses 'n internetonderbreking ondervind het, of dat die installering om een of ander rede nie suksesvol was nie, sal die hele installeringsprogram egter weer afgelaai moet word.
  3. Wil u egter Legacy om een of ander rede op 'n ander rekenaar installeer (bv waar geen internetverbinding is nie), dan kan dit nie op bogenoemde manier gedoen word nie. U moet in daardie geval die hele installeringsprogram aflaai. Dit kan gedoen word by hierdie bladsy. Die hele installeringsprogram (van meer as 50 MB) word op hierdie wyse by die gewenste plek in u rekenaar gestoor.
  4. U kan Legacy dan opnuut installeer.
    Belangrik! Die installeringsprogram kyk in die "Windows Registry" waar Legacy die eerste keer geïnstalleer was en plaas die program in dieselfde vouer. Die standaard is c:\Legacy, maar indien u die eerste keer byvoorbeeld d:\Legacy gekies het, dan sal die bywerking ook na daardie spesifieke vouer gaan.
    Terug


Installeer met Windows Vista en Windows 7

Die maklikste dinge om te onthou wanneer Legacy op rekenaars onder beheer van Windows 7 of Windows Vista geïnstalleer word:

  1. Moenie vanaf Legacy 6.0 of vroeëre CDs installeer nie, want hulle is nie ten volle versoenbaar nie.
    Indien jy wel weergawe 6 of ouer geïnstalleer het en hulp benodig, kan jy dit in Engels kry deur hier te klik.
  2. Installeer Legacy 7.5 vanaf die Web. Hierdie weergawe is ten volle versoenbaar met Windows 7 asook Windows Vista. Dit bevat ook die jongste ontwikkelings en regstellings.
  3. Moenie enige wysigings aan die opstelling aanbring wanneer Legacy geïnstalleer word nie. Hou net aan deur op Next te klik.
  4. Installeer Legacy slegs op die verstek C:\Legacy vouer op die harde skyf. Indien dit nie gedoen word nie, mag sekere funksies nie korrek werk nie of selfs foute tot gevolg hê.
  5. Vir Windows 7 moet die User Account Control (UAC) op "Never Notify" gestel wees; andersins mag probleme ondervind word om die Deluxe funksies met die kliëntenommer te ontsluit. Sommige ander probleme mag ook met die program ondervind word.

    (1) Open die Control Panel, en klik op die User Accounts ikoon.
    (2) Klik daarna op Change User Account Control settings.
    (3) Skuif die glystaaf na onder by Never Notify; klik dan OK om die rekenaar se bedryfstelsel te herlaai.

  6. Vir Windows Vista, maak seker dat die User Account Control (UAC) eienskap geaktiveer is; andersins mag 'n run-time error 339 of self ander probleme met die program ondervind word.

    (1) Open die Control Panel en klik op die User Accounts ikoon.
    (2) Klik op die skakel Turn User Account Control (UAC) on or off. (Windows verlang magtiging om voort te gaan).
    (3) Merk die kassie en klik dan op OK en herlaai die rekenaar se bedryfstelsel. Legacy behoort nou korrek te funksioneer.

  7. Indien geen verdere probleme met die installering ondervind word nie en Legacy nou na wense funksioneer, dan is die proses afgehandel; so nie, kontak Support deur 'n e-pos met besonderhede na Support@LegacyFamilyTree.com te stuur.

Vir verdere inligting klik hier.

Terug


Ondervind u probleme met die installering?

Klik op onderstaande skakel om te sien of 'n moontlike oplossing vir u probleem daar (Engelstalig) gevind kan word:
         www.legacyfamilytree.com/DownloadHelp.asp

Let asb op die volgende!

  1. Indien u iewers op die Engelstalige webwerf verwys word na die bywerking of aflaai van die installeringslêer, moet u dit altyd van die Afrikaanse webwerf aflaai.
  2. Indien Legacy in Engels begin, kies dan onder Options op die kiesbalk Select Language... > Afrikaans. Die program sal hierna normaalweg tot 'n einde kom. Wanneer u die program weer begin, sal die werking in Afrikaans geskied. Indien u later 'n alternatiewe taal wil kies, kan u die keuse ook deur hierdie opsie uitoefen.
Terug



Verandering van Standaard na Deluxe Weergawe:

Vind hier uit hoe u Legacy 7.5 Deluxe kan bestel!

Indien u reeds oor 'n kliëntenommer beskik (as u reeds voorheen Legacy7 Deluxe aangekoop het) kan u hierdie nommer op die nutsbalk by "Help > Algemene inligting" invoer. Die Standaard Weergawe sal dan onmiddellik na die Deluxe Weergawe omgeskakel word.
Terug



Verwydering van 'n Legacy installasie

In die geval dat u dit nodig mag vind om 'n weergawe van Legacy te verwyder, moet u dit BESLIS NIE op die normale Windows manier doen nie. Indien u dit op daardie manier gaan doen, mag daar soms ook lêers verwyder word wat deur ander Legacy installasies gebruik word. In so 'n geval sal u weer daardie lêers moet installeer.
Om 'n enkele weergawe van Legacy te verwyder, moet u die "UNWISE.EXE" program gebruik wat in die vouer is waarin die weergawe te vinde is wat verwyder moet word. Tydens verwydering verskyn drie opsies waaruit u kan kies, te wete: Outomaties, Pasmaak, Herstel. Kies die Pasmaak opsie. 'n Skerm verskyn daarna waarin al die blokkies gemerk moet word (met "Kies almal"). Daarna verskyn 'n skerm met die name van 'n aantal Windows\System32 lêers. MOET GEENEEN HIERVAN VERWYDER NIE! Klik dus op "Kies niks". Hierna word die gekose weergawe verwyder en bly al die dll-lêers behoue vir gebruik deur enige ander weergawe(s) van Legacy.
Terug



Koop die Deluxe weergawe van Legacy 7.5

Die Deluxe Weergawe van Legacy bevat baie meer funksies as die gratis Standaard Weergawe. Afhangende van die heersende wisselkoers is die goedkoopste prys om die Deluxe weergawe aan te koop (nl. die aflaaibare vorm van die program), enigiets vanaf R200,00 tot R250,00. (Die dollar-prys vir hierdie opsie is $29.95.)

U kan die aflaaibare vorm van die program nou hier aankoop.

Indien u voorheen 'n gebruiker van Legacy 6.0 Deluxe was en nou na Legacy 7.5 Deluxe wil opgradeer, dan bied Millennia u hierdie opgradering teen 'n verminderde prys hier aan.

Wanneer u eenmaal die Deluxe weergawe van Legacy 7.5 aangekoop het, is alle verdere vrystellings van hierdie weergawe van die program gratis beskikbaar. Slegs wanneer die volgende weergawe vrygestel word, sal u weer daardie Deluxe weergawe moet aankoop. Normaalweg word sulke vrystellings van 'n nuwe weergawe teen 'n verminderde tarief aan bestaande Deluxe gebruikers aangebied.
Terug



Datum bygewerk: 17 April 2012